Daar is vier strate in die dorpie Weesp, in Nederland, wat vernoem is na vier baie bekende persone. Op ‘n onlangse besoek het ek, saam met my twee kleinkinders, Juda en Hanna, fotos gaan neem van hierdie besonderse straatname. Hieronder is die fotos en ‘n klompie interessante feite, asook ‘n sêding waarvoor elkeen van hierdie manne bekend geword het.

Where ever man may stand, whatever he may do, he is constantly standing before the face of God.
Abraham Kuyper tel onder die grootste en mees invloedryke teoloë en staatsmanne wat Nederland nog opgelewer het. Hy was ‘n Gereformeerde teoloog wat nie geskroom het om van Calvyn se idees af te wyk nie. Hy was nie net ‘n glaskas akademikus nie. Stigter van die Vrye Universiteit van Amsterdam, Stigter van twee Nederlandse koerante, Stigter van ‘n politieke party, Stigter van ‘n Werkersunie, Stigter van ‘n nuwe Kerklike Denominasie en Eersteminister van Nederland van 1901 tot 1905.

Ignorance of certain subjects is a great part of wisdom.
Hugo Grotius is een van Nederland se bekendste seuns – onder meer ‘n regskenner, staatsman, teoloog en skrywer. Hy het sy eerste boek gepubliseer toe hy 11 jaar oud was. As 15-jarige het hy die stigter van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie vergesel op ‘n diplomatieke sending na Frankryk. Koning Henry IV was só beindruk met hom dat hy hom die “miracle of Holland” genoem het. Een van die boeke wat hy geskryf het, was “On the Law of War and Peace”, wat na 500 jaar nog steeds as ‘n standaard bron in die moderne internasionale wetgewing gebruik word.

Practice what you know, and it will help to make clear what you do not know now.
Een van Rembrandt se bekende skilderye is gebaseer op die feesmaal wat koning Belshatsar in Daniel 5 vir 1000 van sy byvroue en BBP’s (VIP’s) gehou het. Belshatsar het die mees unieke eetgerei denkbaar, aan sy gaste voorgesit: die goue en silwer voorwerpe wat die Babiloniërs aan die begin van die Babiloniese ballingskap uit die tempel in Jerusalem verwyder het. In die gees van Babilon het hierdie vername man GEEN respek gehad vir dit wat in Yahweh se oë afgesonderd was nie. Tydens die fees verskyn daar ‘n hand wat die woorde “Mene, mene, tekel, ufarsin” teen ‘n muur skryf – letterlik: “Getel, getel, geweeg, verdeel”, om daarmee ‘n einde van Belshatsar se blydskap (en koningskap) te bring.

Let op hoedat die woorde “Mene, mene, tekel ufarsin” in hierdie skildery van bo na onder geskryf is, en nie van links na regs nie.

As we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.
‘n Aspek van Nelson Mandela se lewe wat nie algemeen bekend is nie, is dat hy ‘n klein rol in die 1992 film, Malcolm X, gespeel het. Malcolm X het in Amerika ‘n soortgelyke impak as Nelson Mandela in Suid Afrika gehad. Teen die einde van die film het Mandela in die rol van ‘n onderwyser, Malcolm X se beroemde toespraak aan ‘n klaskamer vol kinders in Soweto voorgelees. Hy het egter vooraf vir die film personeel gesê dat hy nie bereid is om Malcolm X se woorde “by any means necessary” te gebruik nie. Die filmmaker was toe verplig om ‘n argief opname van Malcolm X se eie woorde tussen Mandela se woorde in te pas.

Die vier manne waarna ons gekyk het, het bekend geword omdat hulle, menslik gesproke, groot en belangrike dinge vermag het. Elkeen van hulle het egter ook laagtepunte en teleurstellings geken. Grotius het gesê dat gebrekkige kennis (en die bereidheid om dit te erken) ‘n groot deel van wysheid is. Rembrandt moedig ons aan om te fokus op wat ons weet, want dan sal ons makliker vrede maak met die talle dinge wat ons nie weet nie. Selfs ‘n groot gees soos Abraham Kuyper se kennis van die Woord het in sekere opsigte tekort geskiet. Maar hy het die insig gehad om te weet dat geen mens dit kan bekostig weg te vlug van die aangesig van Yahweh nie. Nelson Mandela het binne die struktuur van die ANC, diiwels nie die vrymoedigheid gehad om sy geloof in die openbaar te verklaar nie. Maar met groot integriteit was hy bereid om op te staan teen die onreg wat hy rondom hom gesien het. Soos wat Pinegas bereid was om op te staan.

Volgens die Skrif, so lyk dit vir my, lê daar in hierdie eienskap ‘n soort GROOTHEID opgesluit wat werklik TEL in Yahweh se oë. Laat ons nie te vinnig wees om mense wat nie dieselfde siening as ons het, as onbelangrik eenkant toe te skuif nie. Kom ons fokus liewer op die grootheid van Yahweh en die soort grootheid wat Hy in die lewens van doodgewone mense vir ons uitgewys het. Die verrassende soort grootheid wat na vore kom in Josef se uitgesluitheid, Mosheh se sagmoedigheid, Pinegas se wreedheid, Elia se teneergedruktheid en Y’shua se nederigheid. Ons aanbid die grootste en enigste ware Elohiem wat daar is. Sy seun en ons verlosser het aan die wêreld kom demonstreer dat die geringste, die GROOTSTE in Yahweh se oë kan wees. Ware grootheid is iets wat binne elke mens se bereik is!
Views: 12