Hierdie dag staan ook bekend as “Shemini Atseret” wat gewoonlik vertaal word met “The Assembly of the Eighth Day”. Lev 23:36 “Sewe dae lank moet julle aan Yahweh ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag (“Yom Hashemini”) moet daar vir julle ‘n afgesonderde byeenkoms wees, en julle moet aan Yahweh ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd (“atseret”); julle mag geen beroepswerk doen nie.”
Die woord “atseret” beteken letterlik “to pause, to stop, to hold back” – dit wat mens gewoonlik by ‘n fees doen. Daar word egter baie gewonder oor hoekom hierdie spesifieke woord vir hierdie spesifieke dag gebruik word. Nie een van die ander feeste word ooit so genoem nie, behalwe die laaste dag van Ongesuurde Brode (Deut 16:8). Dit lyk dus asof “atseret” te make het met die feit dat daar reeds ‘n aantal dae van ‘n fees agter die rug is en dat die feesgangers vir nog een dag teruggehou word, of “on hold” geplaas word – voordat hulle uit die feesperiode uit beweeg en weer hulle normale lewens hervat. Die enigste twee feesdae wat in hierdie kategorie val, is die sewende dag van Ongesuurde Brode en die Agste Dag, na afloop van die sewe dae van Sukkot.
Dit is om hierdie rede dat die Yehudiem hierdie dag vergelyk met ‘n koning wat sy seuns uitgenooi het om ‘n paar dae by hom te kom deurbring. Wanneer die tyd aanbreek dat hulle moet teruggaan na hulle huise toe, vra die koning dat hulle tog net nog een dag moet bly, omdat hy nie graag van hulle wil afskeid neem nie. Wat is Shemini Atseret? Dit is die dag waarop die hemelse Koning sy kinders net vir nog een dag wil terughou (“atsar”) en vra dat hulle vir oulaas tot stilstand kom en sy teenwoordigheid geniet voordat hulle weer hulle besige programme hervat.
Daar is ook ‘n tweede assosiasie wat met “atsar” (die stamwoord van “atsetet”) te make het. Hierdie woord word ook gebruik om te verwys na Yahweh wat dit in sy mag het om die reën terug te hou (of: te “atsar”). Deut 11:17 (As) die toorn van Yahweh teen julle ontvlam (sal) Hy die hemel toesluit (“atsar”) …” In Israel is Yom Hashemini net mooi omtrent die tyd waarop die reën seisoen begin en dit is gebruiklik om tydens Yom Hashemini (of Shemini Atseret) te bid dat die Skepper, uit sy guns en oorvloed, reën sal skenk, sodat die land en sy mense geseënd en voorspoedig mag wees. ‘n Mens dink in hierdie opsig aan gedeeltes in die Skrif wat die reën (wat nie teruggehou word nie) uit en uit as ‘n teken van Yahweh se seën beskou:
Lev 26:2-5 My Shabbatte moet julle hou en my afgesonderde plek ontsien. Ek is Yahweh. As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon.
Deut 11:13-16 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om Yahweh julle Elohiem lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel, dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel. En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word. Bewaar julleself dat julle hart nie verlei word nie …
1 Kon 8:35-36 As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig, wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Yiesraél vergewe – want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel – en gee reën op u land wat U aan u volk as ‘n erfenis gegee het.
In die Weskaap is die reën seisoen nou so te sê verby. Net soos wat die fees seisoen nou ook verby is. Lev 23 sê egter dis moontlik dat die dorstyd kan aanhou tot die druiwe oes en dat die druiwe oes kan aanhou tot die saaityd. Die feit dat die feeste nou verby is, hoef nie te beteken dat ons vir die volgende paar maande geestelik sonder water hoef te wees nie. Deut 11 sê Hy gee die reën op die regte tyd. Dis nou die tyd dat ons dit nog meer nodig gaan hê as tevore. Meeste mense voel vuis-voos en geestelik gedreineer hierdie tyd van die jaar. Yahweh staan gereed om sy reën – sy gawes, sy oorvloed, sy seën, sy Gees in ons lewens te deponeer. Ons kan hierdie dag ook gebruik om te bid vir reën en vir waters van herlewing en strome lewende water om in ons lewens uitgestort te word – juis in hierdie tyd dat ons dit broodnodig het!
Die Yehudiem het ‘n gebed om reën wat normaalweg op hierdie Dag gebid word en wat “Geshem” genoem word – ‘n gebed waarin daar na SES persone of groepe verwys word, in wie se lewe water ‘n besondere rol gespeel het:
“Our Elohim and Elohim of our ancestors: Remember Abraham who flowed to You like water. You blessed him like a tree planted by streams of water. You rescued him from fire and water. He passed Your test by planting good deeds by every source of water. For Abraham’s sake, do not keep back water. Remember Isaac, whose birth was foretold when Abraham offered the angels a little water. You asked his father to spill his blood like water. In the desert Isaac dug and found wells of water. For Isaac’s sake, do not keep back water. Remember Jacob, who crossed the Jordan’s water. He bravely rolled the stone off the mouth of the well of water. He wrestled with an angel made of fire and water, And therefore You promised to be with him through fire and water. For Jacob’s sake do not keep back water. Remember Moses, who was drawn in a reed basket out of the Nile’s water. Who helped Jethro’s daughters: He drew water and gave the sheep water. He struck the rock and out came water. For Moses’ sake do not hold back water! Remember Aaron, the High Priest, who, on Yom Kippur, washed himself five times with water, He prayed and was sprinkled with purifying water, He kept apart from a people who were as unstable as water. For Aaron’s sake do not hold back water. Remember the Twelve Tribes whom You brought through the divided waters; For whom You sweetened bitter water; Their descendants’ blood was spilled like water. Turn to us, Elohim, who are surrounded by troubles like water. For their sake, do not hold back water. You are Yahweh, our Elohim, our Master, Who causes the wind to blow and the rain to fall. For blessing and not for curse. Amen. For life and not for death. Amen. For plenty and not for lack. Amen.”
By hierdie ses, kan ons vandag ‘n sewende item byvoeg:
Remember Y’shua, who did not baptize with water, but with the set-apart Spirit of Yahweh; who walked on the water and calmed the waters because He always had his eyes focused on Yahweh, his Elohim; who changed water into wine at a wedding ceremony to remind us that we are here to prepare for a wedding unlike anything this world has ever seen; who taught that, in order to enter into the kingdom of Yahweh, man must be born of water and of Spirit; who once said to a woman from Shomeron that He had water to offer, that was of such a nature that once you have tasted it, you would never thirst again; who took water and washed the feet of his disciples, teaching them the preciousness of humility; who, on this very day, almost 2000 years ago, stood up at the feast and cried out (with reference to the Set-apart Spirit and what difference the Spirit of Yahweh can bring about in our lives): “If anyone thirsts, let him come to Me, and let him who believes in Me, drink and out of His innermost shall flow rivers of living water.”
Die woorde wat deur hierdie Man, Y’shua van Natsaret uitgespreek is, was nie net leë woorde nie. As ons vandag dink aan reën en water, kan ons nie anders as om te dink aan die lewende water waarvan Y’shua die Sleutelhouer is nie. Toe Hy gesterf het, het ‘n soldaat ‘n spies in sy sy gesteek sodat daar bloed en water uitgekom het. Vir ons is dit simbolies daarvan dat die lewende water wat van Bo af kom op geen manier van Y’shua van Natsaret losgemaak kan word nie en dat Yahweh nêrens sy seën op ‘n meer volkome manier bewys het as toe Hy sy Seun na hierdie wêreld gestuur het nie! Vandag kan ons opnuut bid dat Yahweh sy vroeë en sy laat reëns sal stuur en die strome lewende water wat van sy Seun af uitvloei, deur ons lewens laat syfer!
Views: 22