Num 30:2 As iemand aan Yahweh ‘n gelofte doen of ‘n eed sweer, moet hy handel volgens alles …..
Jer 9:3 En hulle span (buig!) hulle ….. soos hulle boog, met leuens.
Jak 4:11 Moenie ….. want as julle dit doen, oordeel julle die Torah.
Een van die raakpunte tussen die 3 lees gedeeltes het te make met een van die mees komplekse onderdele van die menslike liggaam.
Geen ander deel van die liggaam het die vermoë om die wêreld buitekant die liggaam so ingrypend te beïnvloed as die tong nie.
• Soos die stuur flap of die roer van ‘n reusagtige skip
• Soos die stang in ‘n perd se bek
• Soos die vonk wat ‘n vernietigende veldbrand veroorsaak.
Die 3 W’s: WOORD (Num 20), WAARHEID (Jer 9) en WOND (Jak 4).
• Met die verbreking van ons WOORD, plaas ons vraagtekens agter ons eie integriteit.
• Met die verbuiging van die WAARHEID saai ons onsekerheid en besoedel ons die wêreld rondom ons
• Met kwaad spreek, onsensitiwiteit en beledigings WOND ons soms die mense wat die naaste aan ons is.
Seermaak met woorde strek baie wyer as net beledigings. Volgens Spreuke alleen is daar minstens 7 maniere waarop ons mense met ons woorde, oneindige skade kan aandoen:
• Skindertaal – Spreuke 10:18 Hy wat skindertaal uitstrooi, is ‘n DWAAS (verkeerd, NIE dom).
• Kwaad spraak – Spreuke 16:28 ‘n Kwaadstoker SKEI vriende van mekaar (7 dinge – Spr 6).
• Vleitaal – Spreuke 29:5 Hy wat sy naaste vlei, sprei ‘n NET uit voor sy voetstappe (Binding).
• Los praatjies – Spreuke 12:18 Onwys is hy wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke.
• Disrespek – Spreuke 14:21 Wie sy naaste verag (geen respek vir hom het nie), doen sonde.
• Dolk woorde – Spreuke 15:1 ‘n Krenkende woord (VS ‘n sagte antwoord) laat die woede opkom.
• Twisgierigheid – Spreuke 21:19 Beter om in ‘n woeste land te woon as by ‘n twisgierige VROU.
Spreuke 6 – 7 dinge wat Yahweh haat (3 wat met die mond te make het: leuenagtige tong, valse getuienis, tweedrag saai). Wees versigtig vir die strik van “Theological Tribalism” – godsdienstige groeperinge wat die houding inneem van “Die grootste sonde is wanneer jy die beginsel oortree wat vir ons groep die belangrikste is”:
• Calviniste: Fokus op woorde wat nie teologies korrek is nie – VS woorde wat mense kan wond)
• Katolieke: Fokus op minagting van die Mis en die sakramente – VS minagting van mense
• Ortodokse Jode: Fokus op meng van melk en vleis – VS die vermenging van Woord en Tradisie
• Messiaanse Jode: Fokus op die herstel van die kalender – VS Yahweh se omvattende herstel
• Charismatiese groepe: Fokus op dinamiese dienste – VS die dinamiek van dienskneg wees en andere in waarheid en integriteit te bedien
• Fundamentaliste: Fokus op bykomende regulasies en taboes – VS fondasie en essensie van die Woord
• New Age: Fokus op persoonlike vrede – VS Yahweh se vrede – suiwer gebou op Sy Woord
Oppas vir kommunikasie wat NIE in volkome integriteit geskied nie en wat nie die liggaam opbou nie:
• Ek deel dit net met jou sodat ons vir hom/haar kan bid (vertrouensbreuk)
• Moenie vir enige iemand sê dat ek dit vir jou gesê het nie (suspisie)
• Almal sê dat dit sus en so is (twyfelagtige konsensus)
• Jy is oor-sensitief – dit was net ‘n grap (Spr 26:19 “Ek speel maar net” – onregmatige klem verskuiwing)
• Ek weet nie met wie anders om te praat nie (Die Skrif se patroon: praat met die persoon self!)
• Sjoe, jy is soveel beter as X (wat anders kan dit bereik as verdeeldheid?)
• Ek het geweet hy/sy sou dit nie maak nie (Rom 12:15 ween met die wat ween)
Ons roem daarop dat die Skrif ons absolute maatstaf is in hierdie lewe. Die Skrif vereis dat ons woorde altyd woorde van integriteit sal wees. Woorde is nie maar net toevallige geluide wat oor ‘n mens se lippe kom nie. Dit is ‘n direkte barometer van wat in ‘n mens se hart aangaan. En die oomblik dat daar ‘n woord uit my mond uitgaan, het dit die potensiaal om ‘n mens te genees of te verwond, of selfs ‘n hele gemeenskap op te bou of in skerwe te laat spat. Ons is voor Yahweh verantwoordelik oor dit wat by ons monde uitgaan. Is ons ernstig genoeg oor hierdie verantwoordelikheid?
Views: 14