Hoor ons gebed dat U sal nader kom aan ons
Vir die kudde is sy herder onontbeerlik
U sal U kinders nie ‘n oomblik vergeet nie
Ons begeerte is na U – dit sê ons eerlik
Te midde van alles wat rondom ons gebeur
Soek ons, begeer ons die tekens van U groot hand
Laat daar weer sterk leiers hier tussen ons opstaan
Waarhede, wegwysers en wonders van U kant
U sien om na elke verdrukte in sy nood
Elkeen wat behoefte ken, kom by U tot rus
Daagliks word armes versadig deur U oorvloed
Dat U die mens se nood raaksien, weet ons beslis!
Views: 11