SHAVUOT EN ONS WASSING DEUR DIE WOORD

alternate textDie opdrag in Shemot 19 dat die volk hulle klere (van die besmetting van die wêreld) moes was, voordat Mosheh die Torah op Sinai sou ontvang, is vir ons ‘n aanduiding dat ons ons moet laat “was” deur die Woord (Efes 5:26) wanneer ons die fees van Shavuot binnegaan – onsuiwerheid van woorde, van denke en doktrines, van gesindhede en ‘n oor-kritiese gees, van onrein begeertes en luste, van dubbele standaarde, van pretensie en enige vorm van leuen, van vrees wat deur ongeloof veroorsaak word, van gierigheid en afgestomptheid en van dooie werke. Om maar net ‘n paar dinge te noem. Die boek van Psalms is hierin vir ons ‘n uitstekende hulpmiddel.

SEWE EIENSKAPPE VAN DIE EEN WAT OP YAHWEH SE WEG WANDEL (Ps 1:2-6)
(1) Sy BEHAE is in die Torah van Yahweh, en (2) hy OORDINK sy Torah dag en nag. En hy sal wees (3) soos ‘n BOOM wat geplant is by waterstrome, (4) wat sy VRUGTE gee op sy tyd en waarvan die (5) BLARE nie verwelk nie; en (6) alles wat hy doen, voer hy VOORSPOEDIG uit. Want (7) YAHWEH ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die afvallige sal vergaan.

SEWE KRAGTIGE BEDES VIR MEDEGELOWIGES (Ps 20:1-9)
(1) Mag Yahweh u verhoor in die dag van BENOUDHEID! (2) Mag die Naam van die Elohiem van Yaákov u BESKERM! (3) Mag Hy u hulp stuur uit die afgesonderde plek en u ONDERSTEUN uit Tsion! (4) Mag Hy dink aan al u voedseloffers en met GOEDKEURING kyk na u brandoffer! Selah. (5) Mag Hy u gee na u hart en al u VOORNEMENS vervul! Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse Elohiem. (6) Mag Yahweh al u BEGEERTES vervul! (7) Mag Hy ons verhoor op die dag as ons ROEP!

SEWE GEVOLGE VIR HULLE WAT VERGIFNIS ONTVANG HET (Ps 32:7-11)
(1) U is ‘n SKUILPLEK vir my; (2) U BEWAAR my vir benoudheid; (3) U OMRING my met vrolike gesange van bevryding. Selah. (4) Ek wil jou ONDERRIG en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; (5) my OOG sal op jou wees. Die afvallige het baie smarte, maar hy wat op Yahweh vertrou – (6) met GOEDERTIERENHEID sal Hy hom omring. (7) Wees BLY in Yahweh en JUIG, o regverdiges! En JUBEL, alle opregtes van hart!

SEWE EIENSKAPPE VAN DIE KONING – PROFETIES: MASHIAG (Ps 45:2-4)
(1) U is baie SKONER as die seuns van Adam – (2) GUNS is uitgestort op u lippe; daarom het Elohiem U (3) GESEËN vir ewig. Gord u swaard aan die heup, o held, u (4) MAJESTEIT en u VOORTREFLIKHEID; ja, u GROOTHEID! Ry voorspoedig ter wille van (5) WAARHEID en (6) OOTMOED en (7) GEREGTIGHEID; en laat u regterhand U vreesaanjaende dinge leer!

SEWE SONDES WAT VOORKOM BY VERBONDSMENSE (Ps 50:16-20)
Waarom neem jy my verbond in jou mond, terwyl jy die (1) TUG HAAT en (2) my WOORDE agter jou werp? (3) As jy ‘n dief sien, dan geval dit jou by hom (GOEDKEURING), en (4) jou deel is met die egbrekers (DEELNAME). Jou mond laat jy los in (5) BOOSHEID, en jou tong vleg (6) BEDROG. (7) Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder BESKINDER jy.

SEWE MANIERE WAAROP YAHWEH DIE LAND SEËN (Ps 65:8-11)
Die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; (1) U laat die uitgange van die môre en die aand jubel (VREUGDE). (2) U het die land besoek en oorvloed gegee (MEER AS GENOEG); (3) U VERRYK dit oorvloediglik; (4) die stroom van Elohiem is vol water (STUUR REËN). (5) U BEREI hulle koring; ja, so berei U die land. U maak sy vore nat, sy kluite GELYK; deur reënbuie maak U dit WEEK; (6) U SEËN sy uitspruitsel (VRUG). (7) U KROON die jaar met u goedheid (STEMPEL).

SEWE BELOFTES TEENOOR YAHWEH (Ps 71:14-17)
(1) Maar ek sal voortdurend HOOP en (2) al u LOF VERMEERDER. (3) My mond sal u GEREGTIGHEID VERTEL, (4) die hele dag u VERLOSSING; want ek ken nie die maat daarvan nie. (5) Ek sal kom met die MAGTIGE DADE van die Meester Yahweh; (6) ek sal u geregtigheid vermeld, DIE VAN U ALLEEN. Elohiem, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe (7) verkondig ek u WONDERS.

 

Views: 0

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *