Ps 64 Hoor my stem


Hoor my stem en staan tog hier by my
Laat skerp tonge en slinkse planne my nie swaai
U ken die skade van onpeilbare harte
Laat hul pogings my hart nie van U af wegdraai

Steek my weg vir die raad van mense
Laat my omstanders nie hul hoofde vir my skud
U is die Een wat my van struikeling bewaar
Hoor my versugting as ek stilweg tot U bid

Maak ons bly oor hoe U ons verhoor
Laat regverdiges se harte jubel van lof
U werk en wonders wil ons oral verkondig
U laat eenvoudiges weer opstaan uit die stof!

Views: 16

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *