Die hele aarde moet voor Yahweh in sy glans verskyn
Ons Elohiem het gekom en kan nie stil bly
Hulle, sy gunsgenote, het vergeet van Sy verbond
Dat Hy lojaliteit begeer, elke sekond.
Hy soek nie ‘n mens met geskenke om sy guns te wen
Als wat daar is, behoort in elk geval aan Hom
Hy ken elke voël, die vee en die diere van die bos
Elkeen hiervan vertrou op Hom vir hulle kos.
Onder sy volk is daar mense wat Sy woorde verwerp
En hulle nog steeds beroep op wat Hy beloof
Maar ten diepste het hulle hul eie Leidsman vergeet
Hy wat ons leer om alles aan Sy Woord te meet.
Hy bly getrou en staan altyd gereed om steeds te seën
Hy kyk uit vir die een wat dank aan Hom wil bring
Die een wat daagliks leef uit die Woord en let op sy weg
Daardie een wat guns sal smaak en juig oor Sy reg!
Views: 20