Ps 139 U deurgrond my


U deurgrond en ken en verstaan my, o Yahweh
U weet waar ek gaan sit en wanneer ek opstaan
Voor ‘n woord in my mond of oor my lippe kom
Weet U reeds waar kom dit vandaan.

U beskerming oor my is van agter en voor
En van bo af, is U hande altyd oor my
Dis ‘n saak, so groot, wat ek nooit sal begryp nie
U is en bly altyd voor my.

U soek my op, want U gee opreg óm vir my
Elke plek waar ek mag wees, elke tyd van die dag
En as ek nog huiwer om tot by U te kom
Kom U vriend’lik, soos een wat wag.

Hoe kosbaar is U gedagtes, o Elohiem
Hoe ontsaglik groot en kunstig U hande-werk
Nog lank voor die dag van my eie geboorte
Was ek alreeds deur U gemerk!

Views: 50

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *