By U, Yahweh wil ek my skuiling vind
By U geregtigheid wil ek bly woon
Hoe kan ‘n mens so ‘n Rots vir my wees?
Wie is daar wat soveel guns kan betoon?
By U, Meester, is daar vir my redding
By my moederskoot was U alreeds daar
Hoe kan ek beskryf hoe ek op U steun?
Waar vind ek ‘n woord so reg en so waar?
By U, Yahweh wil ek my skuiling vind
By U groot dade vind ek altyd hoop
Hoe het ek daarsonder die stryd oorleef?
Waar is daar nog so ‘n pad om te loop?
By U, Meester, is daar vir my redding
By die ouderdom is daar nog vreugde
Hoe kan ek mense vergelyk met U?
Wie is daar met U eer en U deugde?
Views: 43