My stem rig ek tot U dat U fyn kan luister
Ek draai my hart na U sonder om moeg te word
Soms is my oë oop, maar ek kan nie praat nie
Dis my siel wat ek vandag voor U wil uitstort
Soms kom ek nader met peinsing en snarespel
Soms met gedagtes oor wat lankal gebeur het
Ek weet dat U my ken en nie verstoot het nie
U weet dadelik as iemand, êrens seer het
U regterhand van krag sal nooit nie verander
Hoogs afgesonderd is U wonders en U weg
U volk en hulle kinders het dit self gesien
U Woord is waar, elke besluit van U is reg
U grootheid word deur elke werk van U beaam
Die waters, bruisend, wolke, vloede en die see
Dit blits uit die hemel, die aarde word verlig
Met hierdie selfde grootheid word ons ook beklee!
Views: 11