Ps 34 Die lof van Yahweh


Die lof van Yahweh sal altyd in my mond wees
Die wat neer-gebuig is sal dit hoor en bly wees
Ek wil ander aansteek om saam met my te sing
Laat ons uit alle oorde aan Yahweh lof bring

Daar’s nie meer rede om in skaamte af te kyk
Die wat Hom sien en leer ken, sal van vreugde straal
Wanneer sy kinders roep, sal Hy hul stemme hoor
Net daar waar hulle is, draai Hy na hul sy oor.

Almal wat opkyk na Hom, word rondom beskerm
Hulle leer ken Hom nou as een wat waarlik red
Dat Yahweh goed is, het hul gesien en gesmaak
By Hom wil hulle van nou af hul woonplek maak.

Yahweh is naby die een wat gebroke is
En daardie een leer ken en volg Hom deur en deur
Sy vlees, sy hart en sy gees, sal Yahweh genees
En hy ontdek: Net Yahweh kan my skuilplek wees!

Views: 67

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *