Een van die vernaamste redes waarom die geloof van baie mense vandag in soveel opsigte verskil van die geloof van die Messias en sy onmiddellike volgelinge, is die feit dat daar in die vroeë Handelinge periode, en daarná, so ‘n groot beïnvloeding van die kant van die Griekse kultuur en die Griekse manier van dink gekom het. Daar is ‘n hemelsbreë verskil tussen die Griekse verstaan van geloof en die Hebreeuse verstaan van geloof. Iemand met die naam William Barret het dit só opgesom: “The distinction…arises from the difference between doing and knowing. The Hebrew is concerned with practice, the Greek with knowledge. Right conduct is the ultimate concern of the Hebrew, right thinking that of the Greek.” As ons die Skrif reg wil verstaan, moet ons deurgaans in gedagte hou dat dit vanuit ‘n Hebreeuse perspektief geskryf is en nie vanuit ‘n Griekse perspektief nie. Dat ons die Skrif dus moet verstaan soos iemand met ‘n Hebreeuse ingesteldheid dit sal verstaan: as ‘n geskrif wat prakties is en mense tot dade en aksie wil inspireer – en beslis nie tot komplekse formules en dogmas nie. Kom ons kyk na die twee briewe van Kefa (Petrus) vanuit hierdie perspektief en probeer om vas te stel watter soort dade en aksie dit by ons as gelowiges wil aanwakker.
1. OMGORD : 1 Kefa 1:13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand (ANADZONUMMI “to prepare one’s mind for action”), wees nugter en hoop volkome op die guns wat julle deel word by die openbaring van Y’shua die Messias.
2. WANDEL : 1 Kefa 1:17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel (ANASTREPHO “to turn around or turn about”) dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;
3. VERLANG : 1 Kefa 2:2 en verlang (EPIPOTHEO “to crave intensely”) sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,
4. VERMY : 1 Kefa 2:11 Ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou (APECHOMAI “to hold oneself off”) van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
5. SIMPATISEER : 1 Kefa 3:8 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend (SUMPASCHO “to experience pain jointly”), vol liefde vir die broers en ontferming, vriendelik.
6. DIEN : 1 Kefa 4:10 Namate elkeen ‘n bedieningsgawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien (DIAKONEO “to follow after, or pursue a given task”) soos goeie bedienaars van die veelvuldige guns van Elohiem.
7. WERP : 1 Kefa 5:7 Werp (EPIRHIPTO “to deliberately hurl or toss something at someone”) al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
8. WEERSTAAN : 1 Kefa 5:9 Hom moet julle teëstaan (ANTHISTEMI “to stand against”), standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broerskap wat in die wêreld is.
9. BYVOEG : 2 Kefa 1:5-8 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg (EPICHOREGEO “to furnish besides as support and nourishment”) die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die toewyding, en by die toewyding die liefde vir die broers … Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van ons Meester …nie.
10. BEYWER : 2 Kefa 3:14 Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer (SPOUDAZO “to use speed and make a serious effort”) julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
Views: 48