Die woord “plaag” is die Afrikaanse vertaling van die Heb. Woord “neghah” wat beteken “to touch; to reach; to strike violently; to bring down”. In ons dag, net soos in die tyd voor die uittog uit Mietsrayiem (Egipte), is daar sekere “plae” wat ons lewens nie net liggies “aanraak” nie, maar ons lewens drasties, byna gewelddadig, beïnvloed en maak dat ons nie ons roeping in hierdie wêreld vervul nie. Deur ‘n studie te maak van die Hebreeuse begrippe wat vir elkeen van die tien plae gebruik word, kom daar ‘n aantal merkwaardige feite na vore wat uiters waardevolle lig werp op die soort plae wat deesdae ‘n invloed op ons lewens uitoefen.
| AFR. NAAM VAN PLAAG | HEB. NAAM VAN PLAAG | VERWANTE HEB. BEGRIP | WOORDEBOEK BETEKENIS | HOE LYK DIT VANDAG? |
| 1…Bloed(Ex 7:17) | “dam” | “damam” | “To be silent; to hold the peace” | Die gewilde keuse van ons dag om liewer stil te bly en die vrede te bewaar |
| 2…Paddas(Ex 8:2) | “tsefardia” | “tsafar” | “To depart early; to return; to skip about” | Die neiging om nie te volhard in ons bemoeienis by hulle wat in nood is nie |
| 3…Muskiete(Ex 8:16) | “ken” | “kanah” | “To address by another name; to give flattering titles” | Die feit dat daar geen berou is oor die verandering van die Vader se Naam nie |
| 4…Vlieë(Ex 8:21) | “arov” | “arav” | “To intermix; to take on a pledge” | Die aangaan van ooreenkomste wat maak dat ons deel van die wêreld word |
| 5…Veeplaag (“daardie ding”)(Ex 9:5) | “dever” | “davar” | “To use words to destroy, subdue, promise or arrange” | Die vernietigende effek wat woorde op mense se lewens kan uitoefen |
| 6…Swere(Ex 9:9) | “shegien” | “shiag” | “To complain; to pray, to converse with oneself” | Die gebede wat in klag-sessies en gesprekke met onsself ontaard het |
| 7…Hael (en donderslae)(Ex 9:23) | “barad”(en “kol”) | “kalah” | “To despise; to hold in contempt; to esteem lightly” | Die grootskaalse liefdeloosheid wat blyk uit minagting en ‘n gebrek aan respek |
| 8…Sprinkane(Ex 10:13) | “arbeh” | “rabah” | “To increase; to be full (of oneself); to make (oneself) great” | Die buitensporige hoë dunk wat mense van hulleself het en die druk van buite om hiermee vol te hou |
| 9…Duisternis(Ex 10:21) | “gosheg” | “gashag” | “To hide; to be dim or vague; to cause darkness” | Die donkerheid wat mense oor hulleself en ander bring deur vaag te wees en dinge weg te steek |
| 10…Dood(“die verderwer”)(Ex 12:23) | “shagoet” | “shagat” | “To ruin; to corrupt; to destroy; to waste; to spoil; to cast off” | Die vernietigende werk wat Satan op ‘n daaglikse basis en op velerlei maniere in hierdie wêreld doen |
Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Views: 127