‘n Vlagskip (Engels: “Flagship”) is die skip waarop die bevelvoerder van ‘n vloot skepe gevind sal word en ook die vlag wat dié betrokke vloot identifiseer. Figuurlik gesproke is die “vlagskip” van ‘n maatskappy of ‘n organisasie die produk of skepping van daardie maatskappy wat as die belangrikste en toonaangewende produk beskou word. So byvoorbeeld sal ‘n mens in die nuus lees: “The new Avalon is without doubt Toyota’s flagship” of “The seven o’clock news is the flagship of the SABC” of “Newlands is the flagship of the Western Province Rugby Union”, ensovoorts. As mens na die skepping kyk en dit wat van die vroegste tye af oor die skepping geskryf is, en die manier hoe gelowiges die skepping verstaan het, is dit duidelik dat die skepping ook ‘n vlagskip gehad het – een “item” wat geskape is, wat as die belangrikste, die grootste en ook die eerste van die ganse skepping beskou is. Hierdie vlagskip is nie die mens nie, al sê Tehielliem (Psalm) 8 dat Yahweh die mens met eer en skoonheid beklee en aan hom ‘n ereplek in die skepping gegee het. Die vlagskip is selfs nie Yerushalayiem nie, al sê Tehielliem 137 dat ons hierdie stad moet verhef bo ons hoogste vreugde. Die vlagskip is ook nie die Torah of die hemelse tempel nie. Nee, die vlagskip van die skepping het te make met dit wat die agtergrond en die hartklop en die fondament van tempel en Torah is – én van Yerushalayiem, én van die mens, én van elke ander item wat deel uitmaak van die skepping – hetsy dit iets is wat op een van die ses skeppingsdae geskape is, of iets wat reeds vóór die skeppingsdae, tydens die grondlegging van die wêreld, tot stand gekom het.
Na hierdie vlagskip “item” word telkens in die Skrif verwys, en baiekeer binne die konteks van die skepping. Hierdie item, sê die Skrif, is van ewigheid af geformeer; dis die eersteling van die skepping; dis gemaak voordat daar nog fonteine of berge of heuwels was; dit was alreeds daar toe Yahweh die hemel en die aarde geskape het; trouens, hierdie “item” was soos die stille kunstenaar wat Yahweh ingespan het toe Hy die fondamente van die aarde gelê het. Teen hierdie tyd behoort almal reeds te weet wie of wat hierdie vlagskip is: Dink maar net aan boeke soos Mieshleh (Spreuke) en Kohelet (Prediker) en aan bekende uitsprake soos: “Geseënd is die mens wat (die vlagskip van die skepping) gevind het” en “(Die vlagskip van die skepping) is beter as korale” en “Deur (die vlagskip van die skepping) word ‘n huis gebou“ en “(Die vlagskip van die skepping) begin met die vrees van Yahweh”. Ons het verlede week na die boek van Sirag, of Ekklesiastikus, verwys. In hierdie boek word daar ook telkemale na hierdie vlagskip van die skepping verwys en daar kom perspektiewe in Sirag na vore wat vir ons in ons verstaan van hierdie begrip van ontsettende groot waarde kan wees.
Die heel eerste paar verse in hierdie boek is alreeds ‘n mondvol. Sir 1:1-4 “All wisdom comes from Yahweh and is with him for ever. Who can number the sand of the sea, and the drops of rain, and the days of eternity? Who can find out the height of heaven, and the breadth of the earth, and the deep, and wisdom? Wisdom had been created before all things, and the understanding of prudence from everlasting.” As ons na die skepping in sy geheel kyk, en ons begin daaroor nadink en ons begin om iets van die grootsheid daarvan insien, dan staan daar “WYSHEID” in groot, duidelike letters oor alles geskrywe.
Die boek van Sirag sluit volledig aan by dit wat in die res van die Skrif staan, maar bring aspekte na vore wat van onskatbare waarde is. Sir 1:16-18 “To fear Yahweh is fullness of wisdom, and filleth men with her fruits. She filleth all their house with things desirable, and the garners with her increase. The fear of Yahweh is a crown of wisdom, making peace and perfect health to flourish; both which are the gifts of Elohim: and it enlargeth their rejoicing that love him.” Hier word die bekende begrip van “Wysheid begin met die vrees van Yahweh” ‘n stappie verder geneem. Nie net is dit die begin van wysheid om Yahweh te vrees nie – dis ook die volheid van wysheid, en dit hou die sleutel om ons lewens en ons harte met die vrug van hierdie wysheid te vul. Watter soort vrug? Sirag noem eers net drie (vrede, gesondheid en blydskap), maar later in hierdie hoofstuk word nog bygevoeg, soos bekwaamheid (“skill”), nederigheid, geduld en geloof. Later in die boek word nog meer opgenoem en verduidelik.
Die voordele wat dit vir ‘n mens inhou om wysheid na te jaag word gereeld in hierdie boek uitgelig. Sir 4:11-12 “Wisdom exalteth her children, and layeth hold of them that seek her. He that loveth her loveth life; and they that seek to her early shall be filled with joy.” Wat ‘n voorreg om te kan sê dat jy ‘n “kind van wysheid” en dat jy in jou lewe “verhoog” (Engels: “exalted”) is, nie omdat jy jouself verhoog het of ‘n hoë profiel lewe nagejaag het nie, maar dat dit vanself gebeur het – sonder dat trotsheid of hoogmoed enige rol gespeel het – doodeenvoudig vanweë die feit dat jy die wysheid (wat van Yahweh kom) nagejaag het. Wat ‘n voorreg om te kan sê dat jy deur iets “beetgepak” is (Engels: “wisdom layeth hold of them”) – nie ‘n nuwe gier of ‘n obsessie of ‘n verslaafdheid of ‘n vrees vir iets van hierdie wêreld nie – maar deur wysheid, en dat dit eenvoudig gebeur het omdat jy met alles in jou, daarna gesoek het.
Dit is duidelik dat daar niks in hierdie wêreld is wat ons méér behoort ná te jaag as die verkryging en die besit van wysheid nie. Sir 4:13-15 “He that holdeth her fast shall inherit splendour; and wheresoever she entereth, Yahweh will bless. They that serve her shall minister to the Set-apart One: and them that love her Yahweh shall love. Whoso giveth ear unto her shall judge the nations: and he that attendeth unto her shall dwell securely.” Wie is daar onder ons wat nie graag die voortreflikheid (Heb. “kavod”; Engels: “splendour”; KJV: “glory”) wil beërwe waarvan die Skrif praat nie? Wie is daar onder ons wat die deur van ons hart vir wysheid gaan toesluit sodat sy nie kan binnekom en Yahweh ons kan seën nie? Wie is daar onder ons wat die geleentheid om Yahweh op ‘n praktiese manier te dien en lief te hê deur ons vingers wil laat glip? Of wat die kans wil verbeur om eendag saam met die Messias oor die nasies te heers en vir altyd in veiligheid te woon?
Dit verbaas ‘n mens dat daar soveel voordele in opgesluit lê om wysheid te hê en dat daar nogtans so min mense is wat lyk of hulle dit besit. Sir 6:22-31 “For wisdom is according to her name, and she is not manifest unto many … Bow down thy shoulder, and bear her, and be not grieved with her bonds. Come unto her with thy whole heart, and keep her ways with all thy power. Search, and seek, and she shall be made known unto thee: and when thou hast got hold of her, let her not go … Thou shalt put her on as a robe of honour, and shalt put her about thee as a crown of joy.” Niks sal vir ons groter beloning bring nie as om “die skouer neer te buig” en wysheid met alles wat ons het, na te jaag en aan te gryp nie en seker te maak dat ons nooit weer hierdie kosbare besitting uit ons hand uit laat glip nie. In vergelyking met dit wat mense vandag in ons wêreld najaag, is hierdie “besitting” soos ‘n “robe of honour” en ‘n “crown of joy”.
Wysheid behoort net van tyd tot tyd of vir kort periodes nagejaag en beoefen te word, maar voortdurend en in alle omstandighede. Sir 14:20-27 “Blessed is the man that meditates good things in wisdom … He that considereth her ways in his heart shall also have understanding in her secrets. Go after her as one that traceth, and lie in wait in her ways … He that lodges near her house … shall lodge in a lodging where good things are. He shall set his children under her shelter, and shall lodge under her branches. By her he shall be covered from heat, and in her splendour shall he dwell.” Om wysheid na te jaag is ‘n belegging en ‘n vorm van sekuriteit wat nie oortref kan word nie. Dit is ‘n sleutel wat geheime ontsluit en begrip bring in dinge en vraagstukke wat andersins onverstaanbaar sal bly en ‘n huis wat beskerming bied – aan jou en jou kinders.
Sir 24:1-22 Wisdom shall praise herself … In the congregation of the most High shall she open her mouth, and triumph before his power … I came out of the mouth of the most High, and covered the earth as a cloud … In the waves of the sea and in all the earth, and in every people and nation, I got a possession … The Creator of all things gave me a commandment … and said, Let thy dwelling be in Jacob, and thine inheritance in Israel … He created me from the beginning before the world, and I shall never fail … in the set-aprt tabernacle I served before him … in the beloved city he gave me rest, and in Jerusalem was my power. And I took root in an honourable people, even in the portion of Yahweh’s inheritance … I am the mother of fair love, and fear, and knowledge, and set-apart hope: I therefore, being eternal, am given to all my children which are named of him. Come unto me, all ye that be desirous of me, and fill yourselves with my fruits For my memorial is sweeter than honey, and mine inheritance than the honeycomb. They that eat me shall yet be hungry, and they that drink me shall yet be thirsty. He that obeyeth me shall never be confounded, and they that work by me shall not do amiss.”
Views: 19