LIEFDE UIT DIE HART UIT

alternate textDaar is ‘n bekende Joodse rabbi met die naam Schneur Zalman van Liadi wat meer as 200 jaar gelede gelewe het. Hy was ‘n ouer tydgenoot van Napoleon en is bekend vir die sterk standpunt wat hy teen Napoleon ingeneem het toe die Franse leërs Rusland binnegeval het. Terwyl baie ander rabbi’s van sy tyd redelik positief gevoel het oor die vooruitsig om Napoleon as leier te hê, het Schneur Zalman ‘n brief geskryf waarin hy onder meer die volgende gesê het: “Should Napoleon be victorious, wealth among the Jews will be abundant …but the hearts of Israel will be separated and distant from their father in heaven. But if our master Alexander (die destydse Tsaar van Rusland) will triumph, though poverty will be abundant … the heart of Israel will be bound and joined with their father in heaven …”

Schneur Zalman het ‘n groot impak gemaak op die Joodse denke van daardie tyd en tot vandag toe word sy idees en uitsprake dikwels aangehaal wanneer die een of ander aspek van Judaïsme ter sprake kom. Hier is enkele van die meer bekende uitsprake van Rabbi Schneur Zalman van Liadi (Liadi was ‘n bekende dorp en streek van die destydse Rusland).

“This is what man is all about; this is the purpose of his creation and of the creation of all the worlds, sublime and lowly — to make for (Yahweh) a dwelling in the physical world”.

“A little bit of light dispels a lot of darkness.”

“Prayer without direction of the heart is like a body without a soul… Love of (Yahweh) and fear of (Yahweh) are the two wings by which a deed rises heavenward.”

“What is forbidden, one must not; and what is permitted, one need not.”

Aan een van sy volgelinge wat oor sy finansiële probleme gekla het, het die rabbi gesê: “You speak of what you need, but you say nothing of what you are needed for.”

Rabbi Schneur Zalman het dikwels oor liefde gepraat en het probeer naspeur wat die Torah ten diepste met liefde bedoel. Hy het geglo dat liefde baie dieper lê as wat soms met die blote oog gesien kan word en selfs teenwoordig kan wees sonder dat ‘n mens dit self besef. Hy het die voorbeeld van die Rooms Katoliek gedrewe Inkwisisie gebruik wat oor ‘n hele aantal eeue gestrek het en in baie wêrelddele voorgekom het, om te verduidelik hoe liefde kan lyk. Baie Jode wat NIE die Torah onderhou het nie, is glo gedwing om te kies tussen die dood en om Yahweh te verloën. Tot groot verbasing het baie van hierdie Jode gekies om dan maar liewer doodgemaak te word. Volgens Rabbi Schneur Zalman was daar ‘n verborge saad van liefde waarvan hierdie Jode self nie eens geweet het nie, wat gemaak het dat hulle gekies het om liewer doodgemaak te word as om van Yahweh afgesny te word.

In die Rabbi se oë het liefde nie altyd dieselfde gelyk nie. Hy het gesê “there is love like fire and there is love like water”. En elkeen wat iets van die Vader se liefde leer ken het, het ‘n verantwoordelikheid gehad om hierdie liefde op ander uit te stort en met hulle te deel. “Also those who are far from (Yahweh’s) Torah and His service”, het hy gesê, “… one must draw them close with strong cords of love — perhaps one might succeed in bringing them closer to Torah and the service of (Yahweh). And even if one fails, one has still merited the rewards of the fulfillment of the Mitzvah that says ‘Love your fellow’ “.

Oor hoe ‘n mens, in die lig van die Torah, teenoor jou medemens moes optree, het hy die wanopvatting dat liefde bloot net ‘n gevoel is, die nek ingeslaan en geskryf: “So, too, in matters affecting a person’s relations with his fellow, as soon as there rises from his heart to his mind any animosity or hatred, or jealousy, anger, or a grudge and the like, he allows them no entrance into his mind and will. On the contrary, his mind exercises its authority and power over the feelings in his heart to do the very opposite, namely, to conduct himself towards his fellow with the quality of kindness and a display of abundant love to the extreme limits, without becoming provoked into anger, or to revenge in kind, but rather to repay the offenders with favors, as one may learn from the example of Yosef towards his brothers.”

Die Torah-lesing van hierdie week bevat die tien gebooie van Devariem (Deut) 5 en die bekende “shema” van Devariem 6: 4-9: “Hoor, Yiesraél, Yahweh is ons Elohiem; Yahweh is een. Daarom moet jy Yahweh jou Elohiem liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor praat as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.”

Die kern van hierdie gebod, wat ook deur Y’shua die Messias as die eerste en die grootste van al die gebooie uitgesonder is, is dat Yahweh se woorde en leringe in ‘n mens se hart moet wees en moet bly. Juis dit is vir baie van ons so moeilik vandag, omdat daar so baie afleidings en trekpleisters is wat aanspraak maak op ‘n plek in ons hart. Miskien is dit juis die Vyand se strategie: Om self ons harte te verower of ons harte met talle begeerlike en bekoorlike dinge te oorlaai en selfs te besoedel, sodat die begeerte om Yahweh se woorde in ons harte op te neem, al hoe meer op die agtergrond geskuif word. Dit raak al hoe moeiliker vir die moderne mens om te glo dat Yahweh se woorde nog steeds die voordeligste vir ‘n mens se hart is. Dalk het dit tyd geword om net weer kennis te neem van dit wat Yahweh oor ons harte te sê het en wat ons prakties kan doen om sy woorde in ons harte te laat bly – nie die orgaan wat Chris Barnard kon uithaal en met ‘n ander een vervang nie, maar die setel van ons emosies en ons besluite en ons keuses. Yahweh behoort te weet – Hy het ons harte gemaak, selfs al kan ons dit nie sien nie en meeste van die tyd ook nie verstaan nie.

Ps 10:17 Yahweh, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister (ONS KAN ONS HARTE VERSTERK DEUR ONS BEGEERTES IN GEBED BY YAHWEH BEKEND TE MAAK).

Ps 19:8 Die bevele van Yahweh is reg: hulle verbly die hart; die gebod van Yahweh is suiwer: dit verlig die oë (ONS KAN ONS HARTE OPKIKKER EN VERLIG MET YAHWEH SE BEVELE).

Ps 27:3 Al word ‘n kamp teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek (ONS KAN ONS HARTE STAAL MET VOLHARDENDE VERTROUE IN HOM EN SY WOORD).

Ps 27:8 Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o Yahweh! (ONS KAN ONS HARTE OEFEN OM YAHWEH SE AANGESIG TE SOEK).

Ps 31:24 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op Yahweh wag! (ONS KAN ONS HARTE LEER OM OP YAHWEH TE WAG).

Ps 33:21 want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy afgesonderde Naam vertrou (ONS KAN ONS HARTE VERBLY DEUR TE FOKUS OP YAHWEH SE NAAM).

Ps 44:18 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie (ONS KAN ONS HARTE DAARVAN WEERHOU OM WEG TE BEUR VAN YAHWEH SE WEË).

Ps 51:10 Skep vir my ‘n rein hart, o Elohiem, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees (ONS KAN ONS HARTE SUIWER DEUR DIT WAT VERKEERD IS VOOR YAHWEH TE BELY, IN DIE NAAM VAN SY SEUN Y’SHUA).

Views: 20

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *