HZ, Vereeniging
Ek sal graag jou mening wil hoor oor die siening (in ‘n sekere studie) dat ‘n dag volgens die Skrif nie in die aand begin nie.
Kommentaar
Ons het in die verlede dikwels gelowiges teëgekom wat hulle dae “bereken” soos wat in hierdie stuk voorgestel word. My aanvoeling (en verstaan van die Skrif) is dat die blote vraag “Wanneer begin ‘n dag nou eintlik?” nie ‘n Skriftuurlike vraag is nie, maar ‘n vraag wat die moderne mens met sy wetenskaplike ingesteldheid begin vra het. Vir my is dit duidelik dat daar bloot ‘n patroon in die Skrif na vore kom van dat Shabbatte en feesdae en nuwe maande “vanaf die aand tevore” gereken en vasgestel en gehou word. Jy kan die artikel hieroor op ons webblad as my standpunt hieroor beskou.
Views: 5