Messiaanse Geloofspad

OT, Durbanville

Ek het onlangs vir die 1ste keer blootgestel aan julle vorm van aanbidding, nie in persoon nie maar deur ‘n baie wonderlike YouTube kanaal wat ek volg (vrou en haar man wat ook christen geloof gevolg het maar gehunker het na die absoluute waarheid, sonder die mens gemaakte verdraaide feite en leerstellings).

Ek was nog van altyd af iemand wat soek na die absoluute waarheid, sonder enige verdraai, en ook so natuurlik soos dit bestem is. Die messianic vorm van geloof maak ‘n baie goeie indruk op my en ek en my man wil so graag meer hiervan leer. Ons is beide baptiste, maar woon vir’ n geruime tyd lank al geen kerk by. Graag wil ek leer presies waaroor als gaan en hoe dit kom dat ek vir al my jare soos die meeste christen mense nie die absoluute waarheid gevolg het nie.

KOMMENTAAR

Dankie dat jy geskryf het. Ek sal jou graag wil aanmoedig om meer ondersoek in te stel na die sogenaamde Messianic pad van geloof. (Ek is soms maar ‘n bietjie versigtig vir “tags” want nie almal heg dieselfde betekenis aan ‘n woord soos “messianic” nie). Hoe dit ook al sy, vir ons was dit ook ‘n groot stap om destyds uit ‘n hoof stroom kerk weg te gaan en die relatiewe onbekende terrein te betree van ‘n nuwe roete van geloof. Hierdie nuwe roete is myns insiens meer getrou aan die patroon van die hele Skrif en dit plaas ons, wat geloofsinhoud en leefstyl betref, baie nader aan die oorspronklike volgelinge van die Messias en die patroon van aanbidding wat in ‘n boek soos Handelinge aangetref word.

Soos jy dalk reeds agtergekom het, voel ons ook sterk oor die herstel van die Name van die Vader en die Seun en moedig ons gelowiges aan die Afr Bybel vertaling “Woord en Getuienis” of die Engelse “The Scriptures” te gebruik, waarin hierdie Name (ons spreek dit uit as “Yahweh” en “Y’shua”) konsekwent gebruik word. In Woord en Getuienis is daar ook ander “regstellings” wat na ons mening belangrik is as ‘n mens hierdie geloofspad begin stap. Ek sou dus voorstel dat julle vir julle so ‘n vertaling aanskaf, indien moontlik. Daar is heelwat besonderhede oor Woord en Getuienis op ons webblad. Om uit te vind min of meer hoe ons dink en glo, kan jy die boekie “Who are we and what do we believe?” gratis van ons webblad aflaai (hier).

Views: 605