HK, Location Unknown
Toe julle vir julle kinders in Nederland gaan kuier het, moes julle – om oorsee te kon gaan – julle laat inspuit? Tweedens, wat kan jy ons vertel omtrent die covid-19 en inspuiting in die lig van al die waarheidsfeite en leuens rondom hierdie 2 aspekte? Derdens, wat dink/glo jy moet Ware en Opregte Gelowiges se ingesteldheid en benadering wees tov hierdie 2 aspekte?
KOMMENTAAR
Dit was nie ‘n vereiste dat ons die inenting moes kry nie. Ons was egter nie vooraf seker hieroor nie. Sover ek weet, is daar sommige lande wat dit wel vereis en ander lande wat dit dalk later mag vereis. Ek en my vrou het egter besluit dat ons in elk geval die inspuiting sal neem. Ek probeer nie andere beïnvloed nie, maar my aanvoeling is dat, vir ons eie onthalwe EN vir die beskerming van die mense rondom ons, dit die beste (en die minste risiko) is om die inspuiting(s) te kry. Daar is heeltemal te veel (oningeligde) opinies, teorieë en bangmaak-stories wat in omloop is. Party beweer dat ons ons geloof op Yahweh moet rig en nie op ‘n inspuiting nie, maar geloof het vir my nog nooit beteken dat ‘n mens nie jou gesonde verstand moet gebruik nie. Dit, net in kort, maar ek moet erken dat dit nie ‘n maklike saak is nie, omdat daar dinge is wat ons op hierdie stadium eenvoudig nie weet nie.
Views: 22