WAT ONS WEET OORTREF DIT WAT ONS NIE WEET NIE

alternate textWAT ONS NIE WEET NIE

Gen 21:26 Daarna antwoord Avimeleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.

Gen 27:2 Toe sê hy (Yietsgak): Kyk tog, ek het oud geword, ek weet nie die dag van my dood nie.

Ex 16:15 Toe die kinders van Yiesraél dit sien (die manna uit die hemel), sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarna sê Mosheh vir hulle: Dit is die brood wat Yahweh julle gee om te eet.

1 Kon 3:7 Nou dan, Yahweh my Elohiem, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawied se plek; maar ek is ‘n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.

Ps 35:11 Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.

Jes 48:6 Jy het dit gehoor – aanskou dit alles! Sal julle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.

Sag 4:5 En die boodskapper wat met my gepraat het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my meester.

Mar 9:6 Want hy het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was totaal verskrik.

WAT ONS WEET

Ex 18:11 Nou weet ek dat Yahweh groter is as al die magtiges, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.

2 Kon 5:15 Toe sê Naáman: Nou weet ek dat daar geen Elohiem op die hele aarde is nie, behalwe die Elohiem van in Yiesraél.

1 Kron 29:17 En ek weet, my Elohiem, dat U die hart toets en behae het in opregtheid.

Job 19:25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. (Barnes: However long he was to suffer, however protracted his calamities were, and were likely to be, be had the utmost confidence that Yahweh would at length, or at some future time, come forth to vindicate him.)

Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

Ps 41:11 Ek weet dat U ‘n welbehae in my het en dat my vyand oor my nie juig (sal) nie.

Ps 56:9 My vyande sal agteruitwyk op die dag as ek roep – Ek weet dat Elohiem aan my kant is.

Ps 119:75 Ek weet, Yahweh, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.

Ps 140:12 Ek weet dat Yahweh die regsaak van die ellendige en die behoeftiges sal behartig.

Pred 3:12 Ek weet dat daar niks beter is as bly te wees en om goed te doen in die lewe nie.

Pred 3:14 Ek weet dat alles wat Elohiem doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie (en dit gebeur) sodat hulle Hom kan leer vrees.

Pred 8:12 Ek weet dat dit goed sal gaan met die wat Elohiem vrees.

Jes 50:7 Yahweh sal my help en ek weet dat ek nie beskaamd sal staan nie.

Eseg 20:12 My Shabbatte is ‘n teken tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, Yahweh, is wat hulle afsonder.

Rom 8:22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat Elohiem liefhet, alles ten goede meewerk.

2 Kor 1:7 Ons weet dat net soos julle deelgenote is aan die lyding, so ook aan die troos.

2 Kor 5:1 Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van Elohiem, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemel.

2 Tim 1:12 Ons ly onder hierdie dinge, maar ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot daardie dag toe.

1 Joh 5:20 Ons weet dat die Seun van Elohiem gekom het en ons begrip gegee het om die Waaragtige te ken.