VERGIFNIS

alternate textAs mens die paar hoofstukke deurlees wat deel uitmaak van hierdie week se Torah leesprogram (Num 30 tot 36) is daar ‘n hele aantal verwysings na die aspek van vergifnis. In hoofstuk 30 kom die woord “vergewe” drie keer na vore (30:5; 30:8 en 30:12). In hoofstuk 31 en 32 word daar gereeld van reiniging of ontsondiging gepraat (31:19; 31:20; 31:23; 31:24 en 32:23) en hoofstuk 35 in sy geheel gaan oor die “bloedskuld” wat iemand oor homself en sy mense (en sy land) bring, as hy of sy die bloed van ‘n medemens vergiet het (deur daardie persoon dood te maak). Die hoofstuk gaan daaroor dat daar te alle tye versoening gedoen moet vir bloed wat op enige manier vergiet word.

Yahweh se geregtigheid beteken nie net dat sonde te alle tye gestraf moet nie. ‘n Wesenlike deel van sy geregtigheid is dat daar altyd die moontlikheid van vergifnis van sonde moet wees. Die prentjie wat sommiges van die Almagtige voorhou as ‘n wrede en kwaai tiran wat net daarop uit is om mense te straf en te laat boet vir hulle sondes, is totaal eensydig en strook hoegenaamd nie met die manier hoe die Skrif Hom aan ons voorstel nie. Yahweh het nie net maatreëls van vergifnis in die Skrif voorgestel nie – Hy het vergifnis ingebou in sy grondplan vir hierdie wêreld. Om maar net een voorbeeld te noem: Die Shabbat is ‘n dag van fisiese rus, maar dit sluit ook die boodskap in van geestelike rus – daardie wete dat Yahweh die onrustigheid binne-in jou (wat deur sonde veroorsaak is) tot rus gebring het, deur jou ongeregtigheid te vergewe en aan jou sondes nie meer te dink nie.

Die Yehudiem gebruik soms in hulle voorlesings ‘n gebed wat die volgende sinnetjie insluit: “You are He Who remembers forever all forgotten things.” Iemand het na aanleiding van hierdie gebed ‘n vraag aan een van die ou Rabbi’s gevra: “How does this attribute of the Almighty works in our favour?” en die wyse antwoord waarmee die Rabbi vorendag gekom het was min of meer die volgende: “There are many good things that a person does without making any issue of them. Since he has long forgotten about them, when the day of judgment arrives, he does not make mention of them as merit for his deserving to be blessed in the world to come. But the thing is, the Almighty does not forget. Thus, by praying this prayer, we beseech Him: Since You do not forget anything, take into consideration all the good things we have done and forgotten. On the other hand, if one forgets about his sin and does not repent, the Almighty will remember it and hold one accountable. But if a person committed a transgression, and is remorseful and has a repentant heart and approaches the Almighty with the attitude of David in Psalm 51:5 (“My sin is before me always”) — then the Almighty will certainly disregard this sin, since He only remembers “what has been forgotten.”

Wanneer mens oor vergifnis nadink, is Psalm (Tehilliem) 51 seker een van die beste plekke om mee te begin. Dalk is dit juis VANDAG ‘n goeie dag om weer ‘n slaggie na Psalm 51 te loer, want die 5 en die 1 van Psalm 51 herinner ons daaraan dat vandag ‘n besonderse dag is: Die eerste dag van die vyfde maand! Boonop is daar van gister af, die laaste dag van die vorige maand, net mooi 70 dae tot en met Yom Kippur, wat sonder enige twyfel die feesdag is wat die sterkste en die duidelikste op die aspek van vergifnis fokus, van al die feesdae van die jaar. Omtrent 17 jaar gelede, hierdie selfde tyd van die jaar, het ek een nag opgestaan en na my studeerkamer gegaan en vir een of ander rede Psalm 50 en Psalm 51 begin lees – Psalm 51 wat baie mooi pas by vandag: die eerste dag van die vyfde maand en Psalm 50 (een psalm vroeër) wat in hierdie konteks ooreenstem met een dag vroeër as vandag, d.w.s. gister, presies 70 dae voor Yom Kippur (wat die absolute noodsaaklikheid van vergifnis beklemtoon!).

Natuurlik het ek 17 jaar gelede bitter min van Yom Kippur en van die Skriftuurlike indeling van die maande geweet. Maar laat my asseblief vir ‘n paar oomblikke toe om te lees wat ek self, kort na daardie nag, 17 jaar gelede, geskryf het oor wat my belewenis was toe ek Psalm 50 bestudeer het: “Daar is mense wat glo dat wanneer die Voor-Messiaanse Geskrifte (Ou Testament) van “afvallige” (sommige Bybels: “goddelose”) mense praat, dit altyd na ongelowiges verwys. Ps 50:16-22 is maar een bewys dat dit nie so is nie. Volgens hierdie psalm kan die afvallige (vers 16) iemand wees wat deel is van die volk van Yahweh (vers 7) – iemand wat die Vader se voorskrifte een vir een opsê (vers 16). Dit kan selfs iemand wees wat hom op die verbond van Yahweh beroep (vers 16)!! Wie is dit wat hulle vandag op die verbond beroep en wat Yahweh se voorskrifte een vir een opsê, maar in werklikheid ‘n afkeer het van wat Hy leer en hulle nie steur aan wat Hy sê nie (vers 17)? Is dit nie dalk mense soos ons nie? Wat van die baie kerke wat hulle vir eeue lank reeds “op die verbond beroep” om ‘n doop-praktyk (die doop van babas deur besprinkeling) in stand te hou wat nie in die Skrif gevind kan word nie?”

So het ek daardie nag oor die doop begin nadink en in Psalm 51 begin lees van die berou wat Dawied gehad het oor die sonde wat hy met Batsheva gedoen het en só het ek daardie nag oortuig geword daarvan dat enige mens wat bewus geword het van sy sonde, IETS nodig het – iets uiterlik, iets tasbaar, iets wat jy kan sien en kan voel en lank daarna kan onthou – om hom daaraan te herinner dat Yahweh mense nie net straf nie, maar dat Hy ook hulle sondes vergewe. En daardie nag het ek ontdek dat die doop in ons situasie vandag, daardie IETS is wat niemand van jou kan wegneem nie, wat jou altyd aan die grootsheid van Yahweh se vergifnis sal herinner. Daardie nag het ek besef dat om as baba met ‘n paar water-druppeltjies besprinkel te word, nie aan hierdie vereiste voldoen nie.

‘n Mens kan dit nie beter sê as wat Dawied dit in Psalm 51 gesê het nie: “Delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid” … “Was my volledig van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde” … “Ek ken my oortredinge, en my sonde is voortdurend voor my” … “Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë” … “Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu” … “Skep vir my ‘n rein hart, o Elohiem, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees” … “Red my van bloedskuld, o Elohiem, Elohiem van my verlossing” … “Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Afgesonderde Gees nie van my weg nie” … “Gee my weer die vreugde van u verlossing” … “Yahweh, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig”. Vandag kan ek Hom net dank dat Hy hierdie gebed verhoor het – en dat Hy dit nog steeds verhoor elke keer as ek dit bid – en ook elke keer as die mense rondom my dit bid. Ek ek kan Hom dank daarvoor dat ek kan terugdink aan my doop in die Messias se Naam. Dat ek iets kan onthou van die water wat oor my hele liggaam gegaan het en van sy Naam wat uitgeroep is toe ek gedoop is.

Vandag, na soveel jare vandat ek die dieper betekenis van Psalm 51 ontdek het en in die Naam van Y’shua gedoop is, kan ek nog steeds getuig dat Yahweh regtig vir my die vreugde van sy verlossing kom gee het (soos Psalm 51 sê) en dat Hy ook my lippe oopgemaak het om sy lof te kan verkondig. Dis asof sy lof nog altyd binne-in my was (dalk is dit iets wat Hy self, lank tevore, binne-in my geplaas het), maar dis net asof daar iets beslissend nodig was, iets wat my na my asem sou laat snak en wat my sintuie op die skerpste moontlike manier sou aanraak. Dis asof daar iets só tasbaar nodig was, om my lippe oop te maak sodat sy lof oor my lippe kan kom en ek dit hardop kon uitspreek. Toe dít gebeur het, kon ek self (in die klank van my eie stem) sy lof en sy grootheid op ‘n nuwe manier hoor. En uiteindelik kon ander ook hoor van sy lof en sy grootheid soos dit oor my lippe gekom het. So is dit die plan van Yahweh dat ek self nie van sy grootheid en sy verlossingsdade vergeet nie en dat andere rondom my ook nie daarvan vergeet nie. Yahweh weet dat ons as mense geneig is om te vergeet. Die oomblik as ons swaarkry. Ander kere weer, as dit vir té lank, té goed met ons gaan. Dis tragies, maar waar: Soms is dit asof ons nie kan wag om van sy grootheid te vergeet nie. Maar dan kom Yahweh self tot ons redding. “He is the One who remembers forever all forgotten things”! En Hy is die Een wat vir ons maniere en middele gegee het om ons te help om te onthou. Middele soos die doop (om ons aan sy vergifnis te herinner en aan die gawe van sy Seun); middele soos die Shabbat (om ons weekliks te herinner aan sy voorsiening in die verlede en die Groot Rus wat nog vir ons voorlê); middele soos die Nuwemaan (om ons maandeliks aan sy gawes en sy beloftes te herinner) en middele soos die feeste (om ons jaarliks aan sy verlossing in die verlede te herinner en ook aan die Groot Dae wat nog kom). Ons kan werklik op hierdie dag in ootmoed voor Hierdie Een buig en opnuut erken dat ons nie ‘n enkele sekonde sonder Hom kan lewe nie!

Ps 51:17 Die offers van Elohiem is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o Elohiem, nie verag nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

:nice: :wink: :up: :glad: :ooo: :oops: :lol: more »