ASPEKTE VAN DIE WAARHEID 1

alternate textSpr 23:23 Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.
“Rather than love, than money, than fame, give me truth.”
― Henry David Thoreau (Amerikaanse skrywer, digter en filosoof; Bekend vir sy boek “Civil Disobedience” waarin hy hom uitspreek téén lojaliteit teenoor ‘n onregverdige regering; Sommige van sy idees het groot name soos Martin Luther King en Ghandi beïnvloed).

Jes 44:20 Hy wat hom besig hou met as, ‘n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar nie ‘n leuen in my regterhand nie?
“Above all, don’t lie to yourself. The man who lies to himself and listens to his own lie comes to a point that he cannot distinguish the truth within him, or around him, and so loses all respect for himself and for others. And having no respect he ceases to love.”
― Fyodor Dostoevsky (Russiese joernalis en filosoof; Skrywer van die bekende werk, The Brothers Karamazov, wat in baie tale vertaal is; Deur middel van een van die karakters in die boek, Rakitin, spot Dostoevsky met die sogenaamde “clever people” wat van die een populêre idee na die ander spring, sonder om vir die waarheid om te gee).

Mat 7:6 Moenie wat afgesonder is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
“Never tell the truth to people who are not worthy of it.”
― Mark Twain (Amerikaanse entrepreneur en lektor; Skrywer van die bekende boeke “The Adventures of Tom Sawyer” en “The Adventures of Huckleberry Finn”; Sy regte naam was Samuel Langhorne Clemens – “from his experience as a licensed river pilot, he chose the pen name by which he his best known – Mark Twain. The term “mark twain” means it is safe to sail because the water’s depth is two fathoms, or 12 feet. “Mark one” is six feet, “mark ta-ree” is 18 feet, and “mark four” is 24 feet”).

Jes 11:3 En Hy het ‘n behae in die vrees van Yahweh; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;
“Everything we hear is an opinion, not a fact. Everything we see is a perspective, not the truth.”
― Marcus Aurelius (Romeinse keiser wat 100 jaar ná Y’shua geleef het; Enigste Romeinse Keiser wat ook ‘n filosoof en ‘n skrywer was; Beskryf as “the only one of the emperors, who gave proof of his learning not by mere words or knowledge of philosophical doctrines but by his blameless character and temperate way of life”).

Amos 8:11 Kyk, daar kom dae, sê die Meester Yahweh, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van Yahweh te hoor.
“The truth isn’t always beauty, but the hunger for it is.”
― Nadine Gordimer (Suid-Afrikaner; Dogter van Joodse ouers; Bekend vir haar volgehoue afwysing van apartheid in die 60er en 70er jare; Help skryf aan Mandela se 3 uur lange “I am prepared to die” toespraak tydens die Rivonia verhoor in 1964; Skrywer van ‘n hele aantal boeke waarvan sekeres vir lang periodes verban is; Ontvanger van die 1991 Nobel Prize vir Literatuur).

2 Tim 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede.
“If you look for truth, you may find comfort in the end; if you look for comfort you will not get either comfort or truth only soft soap and wishful thinking to begin, and in the end, despair.”
― C.S. Lewis (Britse skrywer en teoloog; Onder meer die skrywer van die fiktiewe boek “Screwtape Letters” waarin Screwtape, die hoof demoon, raad gee aan sy neef en onervare nuweling demoon, Wormwood, oor watter strategie hy moet volg om gelowiges om die bos te lei en te verhinder dat hulle in die geloof kan volhard).

Joh 8:45-46 Maar omdat Ek die waarheid praat, glo julle My nie. Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid praat, waarom glo julle My nie?
“There are two ways to be fooled. One is to believe what isn’t true; the other is to refuse to believe what is true.”
― Soren Kierkegaard (Bekende Deense filosoof en Teoloog; Bekend as die “Vader van die eksistensiële filosofie; Word veral onthou daarvoor dat hy ‘n hele aantal boeke onder skuilname gepubliseer het, sodat hy – as ‘n “buitestaander” – die boeke agterna krities kon lees en selfs fout vind daarmee, omdat hy geglo het dat gesprek en debat ‘n mens nader aan die waarheid bring; Hy kritiseer die kerk van sy dag omdat “its purpose is to simplify the matter of becoming a Christian. This is just paganism, “cheap” Christianity, with neither cost nor pain”).

Ex 23:2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
“Wrong does not cease to be wrong because the majority share in it.”
― Leo Tolstoy (Russiese skrywer – onder meer vir sy boeke “Anna Karenina” en “War and Peace”; Staan in baie kringe bekend as een van die grootste skrywers van alle tye; Altesaam 9 keer benoem vir ‘n Nobel prys, maar nooit toegeken nie, waarskynlik as gevolg van Swede – tuiste van die Nobelprys – se uiters negatiewe houding teenoor Rusland in die vroeë 1900’s).

2 Tim 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor Elohiem te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
“Being in a minority, even in a minority of one, did not make you mad. There was truth and there was untruth, and if you clung to the truth even against the whole world, you were not mad.”
― George Orwell, (Engelse skrywer en joernalis; Bekendste werk: “Animal Farm”; Sy nalatenskap/ legacy word saamgevat in wat ‘n mede-skrywer eenmaal oor hom geskryf het: “Orwell’s writing pierced intellectual hypocrisy wherever he found it”).

Spr 24:16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die afvallige struikel in die rampspoed.
“I am not bound to win, but I am bound to be true. I am not bound to succeed, but I am bound to live up to what light I have.”
― Abraham Lincoln (Staan bekend as die langste Amerikaanse president – 6 voet 4 duim of 1.93m, die eerste president met ‘n baard en die enigste wat briewe en dokumente in sy “stove-piped hat” gebêre het).

Rom 12:9-11 Laat die liefde ongeveins wees; verag wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Meester
“You may choose to look the other way but you can never say again that you did not know.”
― William Wilberforce (Britse politikus en filantroop; Leier in die beweging wat hom beywer het vir die afskaffing van slawe-handel; Sleutelfiguur in die film “Amazing Grace”).

Jes 40:27-29 Waarom praat jy dan, o Yaákov, en sê jy, o Yiesraél: My weg is vir Yahweh verborge, en my reg gaan by my Elohiem verby? Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige Elohiem is Yahweh, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
“If you would be a real seeker after truth, it is necessary that at least once in your life you doubt, as far as possible, all things.”
― René Descartes (Franse filosoof, wiskundige en wetenskaplike; Vader van analitiese geometrie in Wiskunde – begrippe soos Cartesian circle, Cartesian diagram en Cartesian theorem begin by hom; Alombekend vir die filosofiese uitspraak “Cogito, ergo sum” – “Ek dink, daarom is ek”).