SAKE VAN LEWE EN DOOD

alternate textDie normale manier waarop ‘n nuwe maand in die Skrif aangedui word, is deur die woord “chodesh” wat letterlik “nuut” beteken en as ‘n afkorting vir “die nuwe maan” gebruik word. ‘n Skriftuurlike maand lê presies tussen twee opeenvolgende nuwemane en dis opvallend dat hierdie maan-siklus (en maand-siklus) ‘n mens nogal baie sterk herinner aan die siklus van menslike lewe. Geboorte of nuwe lewe stem ooreen met nuwemaan, die fleur van jou lewe stem ooreen met volmaan en die dood stem ooreen met die dooie maan, oftewel die einde van een volle siklus van die maan. Ons het kortliks op hierdie aspek uitgebrei toe ons die afgelope week bymekaar gekom het om die aanbreek van die nuwe Skriftuurlike maand te vier.

Die tema van lewe en dood is seker een van die oudste en mees bespreekte temas wat daar is. Talle debatte is al hieroor gevoer, baie boeke is al hieroor geskryf en honderde opinies word hieroor uitgespreek. Deur die internet kan jy onder meer hierdie interessante boeke oor lewe en dood gaan lees of bestel: “What Is Death: A Scientist Looks at the Cycle of Life”; “Uninsured in America: Life and Death in the Land of Opportunity”; “Thoughts on Life and Death at the Brink of the Millennium”; “Tutankhamun: The Life and Death of a Pharoah”; “Celluloid Vampires: Life After Death in the Modern World”; “I Dream in Blue: Life, Death, and the New York Giants”; “The death and life of the great American school system”; “Consciousness Beyond Life: The Science of the Near-Death Experience”; “To Die Before Death: The Sufi Way of Life”; “Life and Death Inside a Civil War Prison”; “Unsettled Matters: The Life & Death of Bruce Lee”; “The Lord Of Death And The Queen Of Life”; “Life and Death in a Venetian Convent”; “Life and Death in Shanghai”; “The Life and Death of Smallpox”, en nog baie ander.

“Lewe-en-dood” word gewoonlik as ‘n beskrywing gebruik vir ‘n saak of ‘n situasie wat ‘n groot impak op ‘n mens se lewe kan hê. Die Engelse Merriam-Webster Dictionary sê die begrip “life-and-death” beteken: “vitally important as if involving life or death”. Op dieselfde trant sê die Collins Dictionary “life-and-death” beteken: “vitally or gravely serious” en gee ‘n verduideliking: “If you say that something is a matter of life and death, you are emphasizing that it is extremely important, often because someone may die or suffer great harm if people do not act immediately.”

Die aspekte van Lewe en Dood kom gereeld in die Skrif voor. Soms in kombinasie met mekaar (soos in Deut 30:15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die seën, en die dood en die rampspoed) en soms apart (soos in Gen 2:7 En Yahweh Elohiem het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas en in Gen 24:67 En hy het Rievkah geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Yietsgak dan getroos na die dood van sy moeder). Een van die sleutelverse in hierdie verband is die woorde van die Messias: “Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê” (Joh 5:26). In die wêreld daarbuite is daar ‘n naarstiglike soeke na maniere en aktiwiteite om LEWE in te blaas in die dikwels saai en eentonige bestaan van elke dag. En die plekke waar mense na hierdie LEWE gaan soek, is legio. Maar hoeveel is daar wat die BRON van lewe ontdek het? Die Een wat lewe het in Homself? Die Een wat nie van iets of iemand anders afhanklik is om te kan lewe en selfs lewe te kan uitdeel nie?

Die skrywer AW Tozer sê van hierdie Een wat lewe het in Homself: “Since He is the Being supreme over all, it follows that He cannot be elevated. Nothing is above Him, nothing beyond Him. Any motion in His direction is elevation for the creature; (any motion) away from Him is descent. He holds His position out of Himself and by leave of none. As no one can promote Him, so no one can degrade Him. It is written that He upholds all things by the word of His power. How can He be raised or supported by the things He upholds? Were all human beings suddenly to become blind, still the sun would shine by day and the stars by night, for these owe nothing to the millions who benefit from their light. So, were every man on earth to become atheist, it could not affect Him in any way. He is what He is in Himself without regard to any other. To believe in Him adds nothing to His perfections; to doubt Him takes nothing away.”

Psalm 90, wat as ‘n gebed van Mosheh aan ons voorgehou word, sê in vers 2: “Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U Elohiem”. Wat weet ons as mense van die begrip “van ewigheid tot ewigheid”? Met ons geestesoë kan ons net so ver terugkyk in die verlede as wat ons menslike geheue en ons menslike verstaan ons toelaat. En met dieselfde geestesoë kan ons net vorentoe kyk tot by daardie plek waar ons gedagtes en ons verbeelding totaal uitgeput is. Maar aan albei kante van hierdie twee uiterstes, en selfs nog baie verder agter hierdie twee punte, en nog baie hoër bokant hierdie twee punte, is Yahweh – sonder grens en sonder beperking. As daar één is wat ons iets van LEWE kan leer, dan is dit Hy! As daar één is wat ons in verbinding met die ewigheid kan plaas, dan is dit Hy! En as daar een, groot fout is wat ons hier op aarde kan maak, dan is dit om Yahweh uit die prentjie te haal wanneer ons die LEWE in sy volheid wil leer ken! “Ek is Elohiem, en daar is niemand soos Ek nie”, lees ons in Jes 46, “wat die einde van die begin af verkondig, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.”

In Y’shua se hoëpriesterlike gebed in Joh 17, bid Hy onder meer: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die een, waaragtige Elohiem, en Y’shua die Messias wat U gestuur het.” Die natuurlike lewe wat elkeen van as geskenk uit die hand van Yahweh ontvang het, strek bloot vanaf ons geboorte tot ons dood. Maar Yahweh openbaar Homself aan ons as die Ewige en as die Een wat vir ons wil déél maak van sy ewigheid. Om Hom te leer ken as die enigste en ware Elohiem, en om Y’shua te erken as die beloofde Messias wat deur Hom gestuur is, is die manier waarop ons ons deel kry aan die ewige lewe. Ons dae en ons jare is uiters beperk en die Skrif vergelyk dit met die gras van die veld, wat verdor en verlep en verdwyn. Ons weet dat ons lewe, maar ons weet ook dat ons lewe in die skaduwee van die dood. Tozer sê hieroor: “Life is a short and fevered rehearsal for a concert we cannot stay to give. Just when we appear to have attained some proficiency we are forced to lay our instruments down.” Juis daarom is dit só verfrissend om van ons eie beperktheid en ons eie sterflikheid af weg te kyk en aan die onsterflikheid en ewigheid van ons hemelse Vader vas te gryp en ons oë te rig op Y’shua vir wie die kleedrepetisie (rehearsal) reeds verby is en die ewige lewe ‘n realiteit geword het – ‘n lewe in die teenwoordigheid van Yahweh en ‘n dimensie van bestaan waar jy nie meer soos met ‘n spieël in ‘n raaisel kyk nie, maar waar jy die soewereine Skepper en Vader van aangesig tot aangesig sien. In Hom is daar genoeg lewe vir almal en genoeg tyd om hierdie lewe vol-uit te geniet en genoeg goedhartigheid om dit as gawe aan die grootste sukkelaar te gee!

As ons oor die lewe en oor die dood praat, en oor sake van lewe-en-dood, is die gevaar altyd dat ons te veel op die mens fokus en te min op Yahweh. ‘n Mens kan so obsessief oor die dood raak en so verswelg in jou pogings om jou eie dood so lank as moontlik uit te stel en seker te maak dat jy ‘n lang en ryk lewe voer – ‘n lewe wat ook baie lank ná jou dood onthou sal word – dat jy die Een wat aan jou die lewe gegee het, heeltemal uit die oog uit verloor. Die nuwe generasie (New Age) waarvan ons almal vandag deel is, of ons dit wil weet of nie, het as belangrikste bousteen die humanisme wat sê: Die mens is die belangrikste van alles! Hierdie siening is niks nuuts nie en ‘n bekende digter het ongeveer 200 jaar gelede ‘n bespotting gemaak van die uitroep van die leërskare van boodskappers, kort nadat die geboorte van die Messias aangekondig is. In plaas van “eer aan Elohiem in die hoogste hemel (of hoogste posisie)” het hy gesê: “eer aan die mens in die hoogste posisie”. Laat ons die gees van humanisme van ons afskud en in die gees van die digter en lied-skrywer Isaac Watts weer ons regmatige posisie van mens-in verhouding-tot-Skepper inneem – dieselfde posisie wat groot geeste soos Avraham, Yietsgak, Yaakov en Dawied ingeneem het: “How shall polluted mortals dare, To sing Thy glory or Thy grace? Beneath Thy feet we lie afar, And see but shadows of Thy face.”

Laat ons nie die fout maak wat so baie mense vandag maak nie: Om ons antwoorde oor sake wat met lewe en dood te make het, op al die plekke in die wêreld te gaan soek, behalwe by die mees voordiehandliggende plek (“the most obvious place”), naamlik by die Bron van Lewe, die Een wat vir ons die lewe gegee het en die Een wat deur die gawe van sy Seun, die bande van die dood verbreek het!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

:nice: :wink: :up: :glad: :ooo: :oops: :lol: more »