DIE PROSES VAN REINIGING VANDAG

alternate textDie Torah bevat ʼn groot aantal bepalinge wat met reiniging te make het. Meeste van hierdie bepalinge is gegee teen die agtergrond van derduisende mense wat in ʼn kamp-opset met maksimum gesondheidsrisiko (en minimum fasiliteite en minimum mediese kennis) daagliks met mekaar skouers skuur – ʼn situasie waar dit absoluut noodsaaklik is dat higiëne hoë prioriteit geniet en alles denkbaar gedoen word om te verseker dat aansteeklike siektes nie handuit ruk nie en daar nie epidemies onder die volk uitbreek nie. Omdat hierdie bepalinge oor reiniging, situasie-gebonde was, kan ons nie elke aspek daarvan vandag net so toepas nie. Met “situasie-gebonde” bedoel ons: die veronderstelling is dat daar ʼn woestyn rondom jou is, dat water en seep meestal nie beskikbaar is nie, dat hospitale en dokters glad nie in die prentjie is nie en dat dit die priesters se werk is om diagnoses te maak en behandeling voor te skryf. Ons neem nie meer mense na ʼn priester toe om ʼn diagnose te maak nie. Die mens wat daarop aandring dat ons die Torah só letterlik moet navolg en vandag nog na ʼn priester toe moet gaan om ons vir siektes te diagnoseer (en uiteindelik ook gesond te verklaar), sal eers ʼn tabernakel êrens in ʼn woestyn moet gaan bou en ʼn span priesters moet kry om voltyds in daardie tabernakel diens te doen!

Die feit dat die reinigingsmaatreëls van die Torah situasie-gebonde was en binne ʼn konteks gegee is wat in soveel opsigte anders is as die konteks waarin ons ons vandag bevind, beteken nie dat dit sonder betekenis of irrelevant is nie. Ons behoort nog steeds die beginsels en die etiese kode wat daarin opgesluit lê, te eerbiedig. Boonop is daar ʼn unieke soort wysheid in hierdie bepalinge opgesluit wat onmiskenbaar die wysheid is van die Een wat die mens geskape het en wat presies weet wat die beste vir hom of vir haar is. Neem byvoorbeeld die reinigingsvoorskrifte wat in hierdie week se Torah leesstuk voorkom en wat geld vir ʼn vrou wat aan ʼn seun of ʼn dogter geboorte gegee het. As dit ʼn seun was, sê Lev 12:2, sal sy sewe dae lank onrein wees. As dit ʼn dogter was, sê Lev 12:5, sal sy veertien dae lank onrein wees. In sy kommentaar oor die wysheid agter hierdie spesifieke bepalinge, het Adam Clarke (Adam Clarke’s Commentary on the Bible) die volgende geskryf:

1. The Creator designs that the human female should bring forth children. 2. That children should derive, under his providence, their being, all their solids and all their fluids, in a word, the whole mass of their bodies, from the substance of the mother. 3. For this purpose he has given to the body of the female an extra quantity of blood and nutritious juices. 4. Before pregnancy this superabundance is evacuated at periodical times. 5. In pregnancy, that which was formerly evacuated is retained for the formation and growth of the fetus, or the general strengthening of the system during the time of pregnancy. 6. After the birth of the child, for seven or fourteen days, more or less according to certain circumstances, that superabundance, no longer necessary for the growth of the child as before, continues to be evacuated: this was called the time of the female’s purification among the Jews. 7. When the lacerated vessels are rejoined, this superfluity of blood is returned into the general circulation, and, by a wise law of the Creator, becomes principally useful to the breasts, and helps in the production of milk for the nourishment of the new-born infant. 8. And thus it continues till the weaning of the child, or renewed pregnancy takes place. Here is a series of mercies and wise providential regulations which cannot be known without being admired, and which should be known so that the great Creator and Preserver may have that praise from his creatures which his wonderful working demands.

Die feit dat hierdie hele proses direk na geboorte – waarby die ma en haar pasgebore baba betrokke is – oor die boeg van “reiniging” gegooi word – hetsy dit ʼn week of twee weke is, of 40 dae of 80 dae, is ʼn goeie aanduiding dat ons hele lewe veronderstel is om ʼn proses van reiniging te wees. Reg van ons geboorte af, speel reiniging ʼn groot rol in ons lewe. Deur bloot te kyk na die letterlike betekenis van die woord “reinig” (Heb: “taher”) soos dit in Levitikus en op ander plekke in die Skrif gebruik word, kan ʼn mens duidelik sien hoe belangrik die aspek van reiniging vir ons behoort te wees: “to be bright; to be pure; to be unadulterated; to be uncontaminated; to be clean; to be morally innocent; to be set-apart” is maar net sommige van die betekenisse van hierdie begrip wat in woordeboeke na vore kom. Vir ons as gelowiges is reiniging nie opsioneel nie. Dit moet deurlopend in ons lewens plaasvind, want ons staan in ʼn verhouding met Een wat absoluut suiwer, vlekkeloos en skoon is.

Hierdie proses van reiniging vind nie altyd plaas soos wat ons dink dit behoort plaas te vind nie. Dit volg nie altyd die voorspelbare patroon van menslike logika nie. Hoeveel uiteenlopende verklarings het mense nie al probeer gee vir die bepaling dat ʼn vrou vir sewe dae “onrein” is nadat sy aan ʼn seun geboorte gegee het, maar vir veertien dae wanneer sy aan ʼn dogter geboorte gegee het. Om nie te praat van die byna onverstaanbare bepaling dat sy ʼn verdere 33 dae “in die reinigingsbloed moet bly” in die geval van ʼn seun (dus 40 dae altesaam), maar 66 dae in die geval van ʼn dogter (dus 80 dae altesaam – sien Lev 12:1-5). Dit is ʼn bepaling van die Allerhoogste wat ons as mense nie verplig hoef te voel om te probeer ontrafel nie. Net soos wat Naäman nie moes probeer om die opdrag met sy menslike logika te probeer ontrafel, dat hy hom sewe maal in die Jordaan moes gaan was om van sy melaatsheid gereinig te word nie (2 Kon 5:1-14). As jy wil plek maak vir die werk van Yahweh in jou lewe, moet jy leer om jouself en jou eie manier van dink op die agtergrond te skuif om Hom eenvoudig op sy woord te neem en Hom een honderd persent te vertrou.

Y’shua se dissipels moes ook hierdie les leer. Daar was nog te veel van hulleself wat in die pad gestaan het en verhinder het dat Yahweh deur sy Gees in hulle kon werk. Daarom kon hulle nie die seun met die stomme gees in Mark 9 genees nie. Selfs nadat Y’shua dit vir hulle uitgespel dat mens nie sonder geloof en gebed en absolute vertroue op Yahweh, groot werke in sy Naam kan verrig nie, betrap Hy hulle dat hulle op pad na Kapernaüm met mekaar loop en redeneer oor wie die grootste is. Die deel van reiniging wat hulle nog nie mooi verstaan het nie, is dat mens ook van jouself en jou eie grootheidswaan gereinig moet word, sodat jy suiwer en afgesonder vir Yahweh kan wees. Y’shua gebruik die geleentheid om hulle verder te leer wat dit beteken om ʼn rein en afgesonderde instrument in Yahweh se hand te wees.

1. “As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees” (Mark 9:35). Die proses van reiniging verloop volgens ʼn ander patroon as dit wat normaalweg in die wêreld gevolg word. Soms moet mens eers die waardes en die prioriteite van hierdie wêreld op sy kop draai, sodat jy met jou oë na Yahweh kan kyk en met Yahweh se oë na die wêreld kan kyk. Die een wat gedurig daarop ingestel is om die eerste en die beste en die hoogste te wees, kan op geen manier in die regte posisie kom om deur Yahweh gereinig te word nie.
2. “Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het” (Mark 9:37). Hoe kan dit gebeur dat Yahweh, wat in die hemel is, vir my wat hier op aarde is, kan reinig sodat ek ook uiteindelik in sy teenwoordigheid kan kom? Dit kan onder meer gebeur deurdat ek my eie fokus verander. In plaas van te fokus op hulle wat groot en gesond en belangrik en invloedryk is (iets wat maklik kom, want dit kan vir jou voordelig wees), vra Hy van ons om te fokus op hulle wat klein en onbelangrik en selfs swak en onaantreklik is (iets wat nie so maklik kom nie, want dit vra opoffering en hou meeste van die tyd geen opvallende beloning in nie). Maar daar is ʼn kettingreaksie wat op ʼn onsigbare vlak plaasvind: Hy wat sulke “kleintjies” ontvang, ontvang Y’shua. En hy wat Y’shua ontvang, ontvang Yahweh. En só gebruik Yahweh die mense rondom ons om ons vir sy diens te suiwer en nader na Hom te trek.
3. “En as jou hand (voet, oog) jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande (voete, oë) te hê en in die onuitbluslike vuur gewerp te word” (Mark 9:43-48). Om gereinig te word, beteken nie net om dit wat van buite af op ʼn mens aangepak het, af te was nie. Dit beteken ook van dinge ontslae te raak wat ʼn wesenlike deel van jou is – iets wat só deel van jou is soos wat jou hand en jou voet en jou oog deel van jou is. Y’shua self het nie net “iets” vir die mense van hierdie wêreld kom gee nie – iets waarsonder Hy maklik kon klaarkom nie. Nee, Hy het Homself gegee en vir sy volgelinge geleer om ook bereid te wees om van hulleself te gee. Y’shua sluit sy gesprek met sy dissipels af deur twee beelde te gebruik – twee beelde wat albei met suiwering te make het, maar ook albei met selfopoffering: die beelde van vuur en van sout. Niks kan reinig en louter soos wat vuur kan louter nie, maar vuur veronderstel swaarkry en seerkry en selfs verminking. Sout het ook met reiniging en, meer spesifiek, preservering, te make. Maar die simboliek van sout is selfs nog sterker as die simboliek van vuur. Y’shua praat duidelik van die sout wat saamgegaan het met die offerandes, soos in die Torah voorgeskryf. Ons lewens behoort met sout besprinkel te wees. Ons behoort die sout van hierdie aarde te wees. Maar belangriker nog: Ons moet bereid wees om onsself as offerande te gee sodat die werke van Yahweh in ons lewens volbring kan word!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

:nice: :wink: :up: :glad: :ooo: :oops: :lol: more »