DIE GROOTSHEID VAN DIE OPSTANDING

alternate textOor die eeue heen was daar nie ‘n enkele leerstuk van die Skrif wat mense so aangegryp en gefassineer het soos die leer van die opstanding nie – die opstanding van die Messias uit die dood, 2000 jaar gelede, en die verwagting van doodgewone mense soos ek en jy, van ‘n toekomstige opstanding uit die dood. Sommiges maak dit af as een, groot leuen, as ‘n mensgemaakte mite wat slegs deur naïewe en oningeligte mense geglo word. Andere glo dit met hulle hele hart en vestig hulle hoop op die verwagting van ‘n geseënde opstanding aan die einde van hierdie bedeling waarin ons nou is. Oor die tema van die opstanding is al talle boeke gepubliseer, inspirerende kunswerke ontwerp en uitstekende gedigte geskryf. Dit is asof die grootsheid van die opstanding nie op gewone maniere, alleen, uitgedruk kan word nie. Kom ons kyk na ‘n aantal gedigte wat een of ander aspek van die opstanding probeer verwoord, in ‘n poging om die betekenis van hierdie sentrale aspek van ons geloof nog beter te verstaan.

Julie Moore is ‘n Amerikaanser digteres wat ernstig siek geword het en aan die een kant probeer het om die erns van haar siekte vir haar seun weg te steek, maar aan die ander kant soveel pyn verduur het dat sy soms gewens het dat sy soos die voëls (of soos EliYah) kon “wegvlieg” uit hierdie wêreld. In een van haar gedigte skryf sy:

Because I want to go with them (the birds), to spiral up into the gray like Elijah, sailing through those saturated clouds, shedding my clothes, my damaged flesh, my bones, candidate for heaven, who just leaves this world, this dominion of skin. Fil 1:23-24 Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met die Messias te wees, want dit is verreweg die beste; maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.

Dit wat mens beleef wanneer jy die tekens van die Messias se dood en opstanding sien en ruik en proe, doen iets aan jou gees en maak dit byna onmoontlik om onaangeraak te bly. Dit kom na vore in hierdie gedig van Jill Baumgaertner.

We step away from the table, return to our pews, our current sorrow, our old vexations. We have for those few seconds … lived in anticipation of – what exactly? A new vision? A better way of handling what we do not want to hold? Immediate resurrection of the newly dead? Can we now bear more than we know how, the (death of Messiah) in sight? Having seen and tasted, is it ever possible to live as if we had never seen at all?

1 Kor 2:9 maar soos geskryf is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie (dit het) Elohiem berei vir die wat Hom liefhet.2 Kor 5:14-15 Want die liefde van die Messias dring ons … as een vir almal gesterf het, dan het almal gesterf … sodat die wat lewe, nie vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

Die effek van die opstanding in die lewens van die vroeë dissipels word nêrens duideliker geïllustreer as in die reaksie van Taóma (Tomas) nadat hy aanvanklik getwyfel het of die berigte oor die Messias se opstanding waarlik geglo kon word. Die volgende gedig deur Denise Levertov gaan oor hierdie dissipel se belewing van die opstanding.

And after the empty tomb, when they told me He lived, had spoken to Magdalene, told me that though He had passed through the door like a ghost, He had breathed on them the breath of a living man – even then, when hope tried with a flutter of wings to lift me – still, alone with myself, my heavy cry was the same: Master, I believe, help thou mine unbelief …

Joh 20:24-25 En Taóma wat genoem word Didimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Y’shua gekom het nie. Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Meester gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.

Dieselfde gedig word hervat met Taóma se onvergeetlike ontmoeting met die opgestane Y’shua:

But when my hand, led by His hand’s firm clasp, entered the unhealed wound, my fingers encountering rib-bone and pulsing heat, what I felt was not scalding pain, shame for my obstinate need, but light, light streaming into me, over me, filling the room as if I had lived till then in a cold cave, and now coming forth for the first time …

Joh 20:27-28 Daarna sê Hy vir Taóma: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. En Taóma antwoord en sê vir Hom: My Meester en my Elohiem!

Die dood van die Messias beklemtoon die geweldige kontras tussen óns liefdeloosheid en die onuitspreeklike liefde wat Yahweh gewys het deur sy Seun in ons plek te laat sterf. Die opstanding herinner ons nie net dat daar ‘n dag sal kom wanneer Yahweh ons trane sal afvee nie, maar ook dat Hy ons roep om hoop aan ander te bring deur húlle trane af te vee, soos in hierdie gedig van Elizabeth Jennings.

The whole of mankind whom he saw at play and work as he hung dying, when his side was pierced. That spear was how we fail to say: We love someone, but each time tears are dried, It’s Resurrection Day.

Heb 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hom geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs. 

Die bekende gedig en lied van John Henry Newman, “Lead, kindly Light”, verwoord iets van die feit dat die opstanding vir die soekende persoon soos ‘n lig is wat sterk genoeg is om hom/haar van koers te laat verander en ‘n lewe van hardnekkige trotsheid “in te ruil” vir ‘n lewe van vertroue en afhanklikheid van Yahweh.

Lead, Kindly Light, amidst the encircling gloom, Lead Thou me on! The night is dark, and I am far from home – Lead Thou me on!  Keep thou my feet; I do not ask to see the distant scene – one step’s enough for me. I was not ever thus, nor prayed that Thou shouldst lead me on. I loved to choose and see my path … pride ruled my will; remember not past years … Meantime, along the narrow rugged path, Thyself hast trod, Lead, Savior, lead me home in childlike faith … To rest forever after earthly strife, in the calm light of everlasting life.

Joh 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die een, waaragtige Elohiem, en Y’shua die Messias wat U gestuur het.1 Joh 5:11 En dit is die getuienis: dat Elohiem ons die ewige lewe gegee het, en hierdie lewe is in sy Seun.

Die Messias se opstanding is die waarborg van ons opstanding uit die dood en die sleutel tot die ewige lewe as erfporsie vir elkeen wat aan Hom verbind is. Die vraag wat Gerald Massey in die gedig hieronder vra, is of hierdie waarheid ons lewens waarlik beïnvloed.

Love is the Crown of all life, but ye wear it not;

Freedom, Humanity’s palm, and ye bear it not;

Beauty spreads banquet for all, but ye share it not.

Fil 4:8 Alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Think of the optimism of the Almighty, then, how, every second, He recreates our lives – I who have not served Him honestly, and you who believe you have never served Him  (Yehoshua November).

It is Good to give thanks. Why? Does the Almighty need our praise? No. We do. (Rabbi Rami M. Shapiro).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

:nice: :wink: :up: :glad: :ooo: :oops: :lol: more »