Afrikaans Scriptures

In 2004 we have started with a project aimed at making available a translation of Scriptures in Afrikaans, as closely as possible to the original available text of both the “Old Testament” and “New Testament”, a translation in which all names of people and places (including the Names of the Father and his Son) have also been restored as correctly as possible. We have named this translation “Woord en Getuienis”. Because of the widespread demand for this Afrikaans translation, we have already seen four reprints and we shall continue to make Woord en Getuienis available through means that are both accessible and affordable. Woord en Getuienis is a translation in progress and with each new edition, minor corrections and changes are introduced, based, among other things, upon improved understanding, increase of knowledge and approved suggestions made by readers.

The translation of WeG is still pretty close to the OAV or Ou Afrikaanse Vertaling (1933/53) and also follows the literal translation method, but it does not necessarily follow OAV in every respect. There are many ways (far too many to specify here) in which WeG differs from OAV and, for that matter, from other translations. In cases where WeG have followed a “different route” of translation, this has always been inspired by the principle of representing the original text as accurately and as honestly as possible.

Go and have a look here to see the Introduction and other screenshots of some of the pages found in Woord en Getuienis.

Woord en Getuienis may be ordered from Elim Ministries. Please contact us or visit our Online Shop.

Views: 1333

45 thoughts on “Afrikaans Scriptures”
    1. Jy kan dit aanlyn by ons Online Shop bestel. Of, indien jy verkies, kan jy R280 in ons rekening inbetaal (besonderhede hier) en net aan ons jou bewys van inbetaling en (baie belangrik) jou fisiese adres en kontaknommer stuur. Hoop jy kom reg!

  1. Goeie naand, graag wil ek material in Afrikaans bekom wat geskik Sal wees vir kinders tot en met die ouderdom van 12 jaar. Ons hele familie het die Woord en Getuienis Bybels en wil graag Shabbat lesse Vir die kleingoed uitwerk. Hulp Sal op reg waardeer word. Shalom Rosella

    1. Jy kan na hierdie bladsy gaan kyk vir materiaal wat op die oomblik beskikbaar is – veral die Woord vir Kinders wat toenemend deur mense met jonger kinders bestel word.  Die ander boeke is nie spesifiek vir kinders bedoel nie, maar dalk is daar iets wat julle meen die ouer kinders ook kan verstaan …

  2. Hallo John. Ek wil graag vyftien (15)  Woord  En Getuienise By jou aankoop. Ek het in 2008 by jou aan huis W. En G. gekoop . Ek was toe in Mocambique. Ek is nou weer terug in die Kaap. Ek wil weet of dit jou sal pas indien ek dit weer by jou aan huis kan kom haal in Vishoek. As jy vir my ook kan se wat die bedrag is dan bring ek dit saam in kontant. My sel No. 073 7519305.

    1. Wederom Daniel.  Ons kan per telefoon ‘n reëling tref.  Dis goed om te weet dat jy nou weer terug in die Kaap is.  Ek is seker daarvan ons sal vorentoe kans kry om lekker saam koffie te drink!

    1. Woord en Getuienis is slegs in Afrikaans beskikbaar, maar jy kan met Qodesh Books skakel (Google behoort jou by hulle uit te bring). Hulle versprei ‘n vertaling, “The Scriptures”, wat ook ‘n poging is om name, ensovoorts te herstel en word deur baie gelowiges gelees wat Engels verkies.

  3. John

    Ek wil graag 2  boeke  “Woord en Getuienis”: koop.   Is daar ‘n adres in die Kaap waar ek dit kan gaan afhaal.  Ek is van Stilbaai en gaan vlg week Kaap toe.

    Dankie

    Wilma van Staden

    1. Jy kan dit by ons adres in Vishoek kom kry (Risiweg 40, Vishoek).  Laat net weet, so ‘n dag of wat vooruit, sodat ons kan seker maak hier is iemand by die huis.

  4. Hallo John

    Ek bly op n eiland Penang in Malaysia. Is die verlore skrifte ook hier in saamgevat. Hoe veel sal die pos geld (snail mail) wees asb. Is harder lad L bdskikbaar

    1. Lekker om te hoor van iemand uit Malaysia! Woord en Getuienis bevat die “gewone” 66 boeke van die Ou en Nuwe Verbond.  Hardeblad of Grootdruk is nie op die oomblik besikbaar nie.  Ek kan nie nou vir jou ‘n prys gee nie, maar as jy baie graag wil bestel (en jou aan ons poswese se genade wil oorgee), sal ek vir jou ‘n prys gaan uitvind en terugkom na jou toe.

  5. Hi John

    Ek bly op die eiland Penang by Malaysia.  Hoeveel sal dit kos om vir my n Bybel aan te stuur asb

  6. Dagsê John.

    Wil net hoor of  daar n Bybel beskikbaar is, wat  die Apokriewe boeke, Boek vd Opregte en als wat daar hoort, insluit ?

    Groete

    Johannes van Wyk

    (Stuur asb antwoord na my e-pos)

      1. Ek glo daar is sulke Bybels beskikbaar, maar ek dra geen persoonlike kennis daarvan nie.  Woord en Getuienis bevat slegs die 66 boeke wat in meeste “normale” bybels voorkom.

  7. Shalom John,

    Ek sien daar is ruimte vir verbetering vir die WeG. Met wie kan ek kontak ivm die korrigering van sekere versies.

    1. Jy kan met my skakel – gebruik gerus die epos besonderhede onder “Contact Us” hierbo, regs.  Ons verwelkom enige voorstelle vir verbetering!

  8. Hi John ek wil ook een bestel maar wil weet hoe groot is die letters oe is nie meer so goed nie wil graag met julle gesels dankie

    1. Ek het nie ‘n studie van die PWL Bybel gemaak nie, maar weet dat PWL (net soos WeG) ook probeer om alle eiename en plekname so ná as moontlik aan die oorspronklike te probeer weergee.  PWL gebruik die onveranderde vorm van die 4 Hebreeuse letters wat meer as 6800 keer in die Tanach gebruik word om na die Vader te verwys.  Verder gaan PWL van die veronderstelling uit dat die Nuwe Testament eers in Aramees geskryf is en later in Grieks vertaal is en steun dus sterk op die Aramese Peshitta teks om sekere gedeeltes in die Nuwe Testament te vertaal.  Hierdie uitgangspunt van PWL stem nie ooreen met die breë konsensus in die akademiese wêreld nie en die meeste bronne oor hierdie onderwerp meen dat die beskikbare Aramese manuskripte van die Nuwe Testament, latere vertalings uit Grieks is (met enkele wysigings), en nie die oorspronklike teks was nie. PWL gebruik ook (anders as WeG) die volgorde van boeke wat in die Hebreeuse Tanach en die Aramese Nuwe Testament gebruik word. In laasgenoemde geval word die boeke van Jakobus tot Judas (of: Ya’akov tot Y’hudah) tussen die boeke Handelinge en Romeine ingepas.

  9. More Pieter. Jy kan dit deur ons webblad bestel (gaan net na Online Shop) of vir my n bewys van betaling vir R340 stuur (dit is met koerier kostes ingesluit). Onthou om jou fisiese adres en kontaknommer ook te stuur. Ons bankbesonderhede is ook op die webblad, onder Banking Details.

  10. Goeie dag,ek wil vreeslik graag 2 1933 Bybels by u koop die oorspronklike name van JAHWE.Ek is te dom om dit aanlyn te doen maar kan die betaling via eft doen as u met my per e-pos kan verwittig met u bank besonderhede.Alternatiewelik ek woon in Pretoria as daar n boekwinkel is wat u ByBels koop of in voorraad hou hulle naam asb ek sal hulle kontak.Ek sal dit baie waardeer

  11. Jy kan dit enige tyd só doen. Twee WeG’s is R570 (koerier ingesluit). Ons bank besonderhede kan hier gesien word. Onthou om jou kontak nommer en fisiese adres ook te stuur.

  12. Goeie dag,ek wil vreeslik graag 2 1933 Bybels by u koop die oorspronklike name van JAHWE. Hoe bestel ek dit en hoeveel gaan dit kos

    1. Die pakkie neem gewoonlik ongeveer drie dae om by bestellers uit te kom. Aflewering na plekke wat ver van die groot stede af is, kan ‘n dag of twee langer neem.

  13. Goeie More het julle nie die Woord en Getuienis in groot druk nie , ek het n oorspronklike een ,maar sy letters is bietjie klein vir my .

  14. Ek is gaande oor die Mysword Android app.

    En ek deel die app met almal wat in die skrif belang stel.

    een van die Afrikaanse bybels wat ek oP het is natuurlik die WEG

    Kan julle nie asb die WEG derek beskikbaar maak op Mysword se (laai modules af funksie) nie?

    Op hierdie stadium is net die PWL Afrikaanse vertaling wat daar beskikbaar is om maklik af te laai.

  15. Hallo John. Net soos die vorige persoon gebruik ek ook MySword op n Samsung Android en kon ek die PWL maklik aflaai. Ek is nie in staat om die WeG16 opgelaai te kry nie. Die PWL gebruik die versamelnaam god te veel en buitendien het dit Babilonbiese verbintenisse. Kan jy nie assegrootblief die WeG vir ons beskikbaar maak om maklik af te laai saam met My Sword nie. Ek kan nie die fyn Skrif in die Bybel lees nie maar ek kan dit op my Selfoon lees. By voorbaat dank!

  16. Die volledige Mysword module van WeG is nou op ons webblad. Klik op hierdie skakel om dit af te laai na jou foon of rekenaar. Kopieer hierdie lêer na die “bibles” sub folder, onder die “mysword” folder op jou Android selfoon. As jy nou die Mysword app oopmaak, behoort WeG daarop te wees. Laat weet asb of jy reg gekom het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *