Ex 12:15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder ……. Ex 12:12 Ek sal veroordelings uitdeel aan al die magtiges van Mietsrayiem, Ek, Yahweh.
HY IS GROTER AS DIE MAGTIGES VAN EGIPTE.
Ex 12:18 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand ……. Ex 12:17 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Mietsrayiem uitgelei.
HY KAN ONS UIT ENIGE BEPROEWING UITLEI.
Ex 12:20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet ……. Ex 12:23 Want Yahweh sal deurtrek om die Mietsrayimiete swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal Yahweh by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.
HY SAL ONS TEEN DIE GROOTSTE VYAND BESKERM.
Ex 12:39 En hulle het van die deeg wat hulle uit Mietsrayiem gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Mietsrayiem uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie ……. Ex 12:42 Dit is ‘n nag om plegtig onderhou te word tot eer van Yahweh, omdat Hy hulle uit Mietsrayiem uitgelei het.
HY WORD GEËER AS ONS HOM GEHOORSAAM.
Ex 13:6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van Yahweh ……. Ex 13:9 En dit moet vir jou as ‘n teken wees op jou hand en ‘n herinneringsteken tussen jou oë, sodat die Torah van Yahweh in jou mond mag wees; want deur ‘n sterke hand het Yahweh jou uit Mietsrayiem uitgelei.
HY IS NABY ONS MET SY STERKE HAND.
Ex 23:15 Die Fees van die Ongesuurde Brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Aviev, want daarin het jy uit Mietsrayiem uitgetrek ……. Ex 23:20 Kyk, Ek stuur ‘n boodskapper voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.
HY BEWAAR ONS ELKE TREE VAN DIE PAD.
Lev 23:6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die Fees van die Ongesuurde Brode van Yahweh; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet ……. Lev 23:10 Spreek met die kinders van Yiesraél en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle ‘n omer van die eersteling van julle oes na die priester bring.
HY VOORSIEN VIR ONS ‘N OES EN ‘N OPBRENGS.
Deut 16:3 Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende – want baie haastig het jy uit Mietsrayiem uitgetrek ……. Deut 16:1 Onderhou die maand Aviev en hou Pesag vir Yahweh jou Elohiem; want in die maand Aviev het Yahweh jou Elohiem jou in die nag uit Mietsrayiem uitgelei.
HY KAN ONS UITLEI EN VERLOS, AL IS DIT NAG.
Deut 16:8 Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar ‘n feestyd vir Yahweh jou Elohiem; dan mag jy geen werk doen nie ……. Deut 16:12 En jy moet daaraan dink dat jy ‘n slaaf in Mietsrayiem was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou.
HY NEEM ELKE VORM VAN SLAWERNY VAN ONS WEG.
Deut 16:16 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van Yahweh jou Elohiem verskyn … op die Fees van die Ongesuurde Brode … hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van Yahweh verskyn nie ……. Deut 16:17 elkeen ooreenkomstig die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van Yahweh jou Elohiem wat Hy jou gegee het.
HY LAAT ONS ELKE DAG GAWES EN SEËN UIT SY HAND GENIET.
Jos 5:11 En hulle het die dag na die Pesag van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag ……. Jos 5:9 Toe het Yahweh vir Yahushua gesê: Vandag het Ek die oneer van Mietsrayiem van julle afgewentel. Daarom het hulle daardie plek Ghielghal genoem tot vandag toe.
HY ALLEEN KAN ONEER VAN ONS AFWENTEL.
2 Kron 30:13 En baie mense het in Yerushalayiem byeengekom om die Fees van die Ongesuurde Brode in die tweede maand te hou, ‘n baie groot vergadering ……. 2 Kron 30:12 Ook was die hand van Elohiem in Yehudah, sodat Hy hulle ‘n eensgesinde hart gegee het om die gebod van die koning en van die owerstes ooreenkomstig die woord van Yahweh uit te voer.
HY GEE AAN ONS ‘N EENSGESINDE HART.
2 Kron 30:21 So het dan die kinders van Yiesraél wat in Yerushalayiem aanwesig was, die Fees van die Ongesuurde Brode sewe dae lank met groot blydskap gevier, terwyl die Lewiete en die priesters Yahweh dag vir dag geprys het met kragtige instrumente tot eer van Yahweh ……. 2 Kron 30:20 En Yahweh het GiezkiYah verhoor en die volk genees.
HY VERHOOR ONS GEBED EN GENEES ONS.
Esra 6:22 Hulle het ook die Fees van die Ongesuurde Brode met blydskap sewe dae lank gehou ……. want Yahweh het hulle verbly en die hart van die koning van Ashur na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van Elohiem, die Elohiem van Yiesraél.
HY VERBLY ONS HARTE EN VERSTERK ONS HANDE.