Webtuiste vul ‘n leemte

ZF, London

Julle webwerf is ‘n absolute lig van waarheid in ‘n baie donker wêreld vol van verdraaide en korrupte informasie.

Ek wens ek kon vir julle beskryf wat dit vir my persoonlik beteken het, ek oordryf nie as ek sê dit het my op ‘n pad gebring waar ek in die hand van YAHWEH die Almagtige loop, en Hy my lewe onherkenbaar vernuwe het.

Baie van die vrae wat julle ‘resources’ vir my beantwoord het, is dinge waaroor ek al lankal gewonder het. Baie van die informasie is vir my nuut, en om eerlik te wees, daar is ook aspekte waar ek van julle verskil. (Maar ek dink ek sal moet terug gaan en my Bybel meer deeglik moet bestudeer. Die fout lê dalk nie by julle informasie nie…)

John, die bottom line van wat ek wil sê is dit – julle bediening is ‘n Seëning van die Allerhoogste.
Dit vul ‘n massiewe leemte vir mense wie die Waarheid soek. Dankie.

Kommentaar

Dit was lekker om jou email te lees en opnuut te besef dat die lig van die waarheid nie net hier in ons onmiddellike omgewing brand nie, maar selfs ook in lande soos Engeland. Ek is veral baie bemoedig om te hoor dat die inhoud van ons webwerf vir jou tot seën en tot vernuwing gedien het.

Dat daar sekere dinge is wat vir jou “nuut” en moeilik verteerbaar is, is heeltemal te verstane. Neem jou tyd daarmee en toets alles wat jy lees aan die onveranderlike boodskap van die Skrif. Ek probeer dit te alle tye doen wanneer ek iets skryf, maar mense kan foute maak en as gelowiges kan ons mekaar help in hierdie opsig. Skryf asb weer as daar dinge is waaroor jy verder wil kommunikeer … Baie seën en sterkte met die nuwe uitdaging op jou pad: om die ware lig van die Messias in die donker areas van London te laat inskyn.