Watter dag is Shabbat?

LT, Adres Onbekend

Kan u dalk verwysing uit die skrif gee wat daarop dui dat saterdag die sabat is?

Baie dankie.

Kommentaar

Die verskil van mening wat daar bestaan oor die Sabbat, gaan normaalweg nie oor die vraag of Saterdag die Sabbat is nie (dit kan maklik bevestig word deur ou kalenders na te gaan of bloot net in ag te neem dat die Jode die oorspronklike Sabbat reeds vir duisende jare ononderbroke gehou het en dit vandag nog steeds op die Saterdag hou). Die verskil van mening is normaalweg oor die vraag: Moet gelowiges in die Messias die Sabbat hou, of nie? As jy ‘n 1983 Afrikaanse Bybelvertaling het, gaan gerus na Mat 28:1 “Na die sabbatdag, toe dit die Sondagoggend begin lig word, het Maria …” en ook Markus 16:1 en 2 “Toe die sabbatdag verby was, het Maria … reukolie gekoop … die Sondagmôre baie vroeg kom hulle by die graf aan …” Hier kan ‘n mens duidelik sien dat selfs die 1983 Vertaling, wat nog steeds in meeste Afrikaanse kerke gebruik word, geen twyfel daaroor het dat die Sabbat op ‘n Saterdag val nie. Dus, die groot vraag is (soos ek reeds aangedui het): Moet gelowiges in die Messais die Sabbat hou, of nie? Ek meen die antwoord is JA, want ons is volgelinge van die Messias en Hy het dit gehou, sowel as elke ander gelowige in die Skrif waarvan ons weet wat ‘n navolger van die Messias was.