Verandering nie maklik nie

FP, Adres Onbekend

Eers so bietjie agtergrond. Groot geword in die Geref Kerk, kinders daardeur opgevoed.

Met my jongste se aanneming het hy daarna n paar vrae gevra wat my laat wonder. So het n vriend se dogter so twee jaar gelede dieselfde gedoen.

Wel, ons het sedertdien nie weer in ons “normale” kerk gekom nie maar wel huisbesoek ontvang. Hoe dieper ek gekrap het hoe meer het die leerstellings my ontstel. Eintlik het dit al lank in die agterkop gesit dat ons verlei is deur dat apartheid “bybels” was.

Wel hierdie jaar het ons “amptelik” uit die kerk bedank. Met die internet gekrap het ek baie dinge geleer en ontdek.

Ek is nou oortuig dat die protestante rigting nie die regte een is nie.

Dat Yahweh die regte Naam is!

Ek het nou reeds baie teachings ontvang van n ander website, om die nuwe jaar (Okt) te begin.

Omdat ek nog self nie gemaklik voel my kennis het, gesels ek ligtelik met my vrou en selfs minder met my kinders.

My ma is 75 met kanker en slegs maande oor. Daarom die vraag, ek wil haar oortuig sonder om haar te ontstel, want staan nog vas.

“My kinders julle moet kerk toe gaan!”

Sy weet ek bestudeer die Bybel baie op die oomblik, maar sy was selfs baie betrokke by die kerk.

Ek het reeds aan die familie vertel dis my ontdekking – YHWH

Ek het hulle ook laat verstaan dat ek geen geskenke die kersfees wil ontvang nie.

Nou die vraag. Is daar enige literatuur wat n oorsig gee ?

Hoe begin met iemand gesels oor hoekom ek so oortuig is daarvan?

Ek het nog nie werklik die weeklikse teaching deur gewerk nie. Ek worstel nog met die hebrueese name.

Ek het n Bybel benaamd The Scriptures onlangs gekry waar die Bybel slegs die Hebrueese name gebruik.

Dit maak dit weer moeilik om te weet van wie praat hulle nie.

Dankie, ek volg julle blog en partykeer raak ek verlore.

Kommentaar

Ek het baie begrip met dit wat jy in jou email probeer verwoord! Dis een ding om self van ‘n Skriftuurlike waarheid oortuig te wees, maar nie so maklik om dit oor te dra aan ander nie, veral hulle wat die naaste aan jou is. Dis dalk moeiliker vir ouer mense om nuwe geloofsoortuigings te aanvaar, maar nie onmoontlik nie. Ons het ‘n 86 jarige dame in ons groep wat hierdie pad vol-uit loop en ek weet van heelwat ander “ouer” mense wat bereid was om op ‘n laat stadium hulle eie

sieninge in lyn met die Woord te bring. Jy is natuurlik welkom om enige van die materiaal op ons webblad vir hierdie doel af te laai en te gebruik en as jy daarvan in boekie-vorm wil hê, kan ek vir jou aanstuur. Kyk gerus onder die afdeling “Books and CD’s” (https://elim.co.za/wp/books-and-cds/) en laat weet indien jy graag daarvan wil bestel. Ek neem aan jy is bewus van die Skrif in Afrikaans (“Woord en Getuienis”) wat ook by ons bestel kan word. Daar is natuurlik baie ander materiaal beskikbaar, waaroor ‘n mens die internet kan raadpleeg, maar my ervaring is dat baie hiervan ook maar weer nuwe vraagtekens laat ontstaan.

Laat gerus weet as jy dink ek verder kan help.