Sukkot Noordhoek kamp

NS, Namibia

Graag wil ons alle eer gee naan ons Hemelse VADER vir wat HY deur u doen om so kragtige en wonderlike werk vir SY Koninkryk te doen. Dit is werklik om op die WOORD en die WOORD alleenlik te staan en ook wat deur die jare verlore gegaan het, te onbloot en terug te besorg. Ons is ‘n groep van Namibia en is besig om te beplan, as Elohim dit moontlik maak, om die volgende huttefees in SA-Vishoek saam met ons mede-gelowiges in die Messias deur te bring. Daar is paar dingetjies wat ons graag wil weet om daarop te beplan: Moet daar vooraf bespreek word; Tente, moet elkeen sy eie tent voorsien of sal julle voorsien; Wat alles is nodig vir die kamp tyd; Eie etes ens??

KOMMENTAAR

Lekker om van jou te hoor. Dit sal baie goed wees as julle by ons kan aansluit vir die Huttefees! Soos jy dalk weet, het ons die afgelope paar jaar by Noordhoek, naby Vishoek gekamp – ‘n plek wat baie geskik is vir wat ons nodig het om die fees te kan hou. Die eienaar van die kamp het egter te kenne gegee dat die kamp moontlik verkoop gaan word en dat daar ‘n nuwe ontwikkeling van huise op die stuk grond beplan word. Ek het vanmore weer met hulle gesels en hulle is nog nie seker wat presies gaan gebeur nie en ons sal dalk eers teen Juniemaand meer sekerheid hieroor hê. Hoe dit ook al sy, ons beplan beslis om te gaan kamp (al is dit op ‘n ander plek) en op hierdie stadium lyk dit of dit 13 tot 16 September gaan wees. Om kortliks jou vrae te antwoord:

Ons bespreek gewoonlik die terrein – so dis nie nodig dat julle vooraf hoef te bespreek nie – julle kan net met my in gesprek bly.
As julle tente het, sal dit goed wees as julle kan saambring – so nie sal ons aan hierdie kant probeer help met ekstra tente.
Ons voorsien al die kos vir die Braai ná sonsondergang op die aand na die Shabbat. Vir die ander etes, moet elkeen sy eie kos en eetgerei saambring. Daar is gewoonlik supermarkte in die omgewing waar mens tydens die verlengde naweek ook goedjies kan gaan koop.
Elkeen moet ook sy eie matrassie, slaapsak ensovoorts saambring. Ons weet nog nie wat die prys sal wees nie. Voorskoolse kinders hoef gewoonlik nie te betaal nie. Niks hoef voor die tyd betaal te word nie. Die daggelde betaal elkeen (of elke gesin) aan die opsigter, aan die einde van die naweek.