Sacred Name sect

AR, Angola

Hoop dit gaan goed? Ek het die volgende info op (‘n sekere webblad) gekry. Ek sal jou opinie tov
hiervan baie waardeer.
Vriendelike groete vanuit Angola.

(Die hele artkel is te lank om hier te publiseer – slegs sekere gedeeltes word in die kommentaar aangehaal en bespreek)

Kommentaar

Ek gaan net kortliks reageer op die stuk wat jy aangestuur het. Dis taamlik lank en daar is talle veralgemenings en stellings waarmee ek glad nie kan saamstem nie en ek wil dus nie te veel tyd hieraan afstaan nie.

Die skrywer het baie duidelik ‘n baie negatiewe siening van wat hy noem “sacred names sects”. Alhoewel ek nog nooit op die “sacred name” bandwagon geklim het nie, voel ek sterk oor die herstel van die Vader se Naam (nie “name” nie, want Hy het net een geopenbaarde Naam, die ander is titels en beskrywings). Baie van die skrywer se veralgemenings is egter hoegenaamd nie op my of ons gemeente van toepassing nie, bv.

“According to them, the phonetic sounds of God’s names are more important than their meanings” – dis iets wat ons nog nooit gesê of geïmpliseer het nie.

“The names of God are also filled with meaning, yet the Bible places little, if any, importance on how each name should be pronounced.” – dit beteken nie ons moet die Vader se Naam ignoreer of vervang met “Lord” nie.

“If our salvation rested upon how we pronounce the name YHVH, then God would have made this crystal clear in His Word” – ons glo nie dit nie en ek kan nie onthou dat ek dit al by ander gesien het nie. Die skrywer teken ‘n valse prentjie van gelowiges wat die Vader se Naam liefhet, om groter gewig aan sy eie standpunt te gee.

“Sacred Names advocates claim that they elevate God’s names by expressing them exclusively in Hebrew” – dit gaan nie oor die Hebreeus nie, dit gaan oor die Naam wat betekenis het (soos die skrywer self erken) en die feit dat ‘n mens nie ‘n naam vertaal of bloot vervang met iets wat heeltemal ‘n ander betekenis het nie.

“Thus, the correct pronunciation of YHWH was forgotten” – dit mag waar wees, maar daar is sommige bronne wat presies die teenoorgestelde sê. Hoe dit ook al sy, wie is ons om te besluit dat ons sy Naam maar kan wegbêre, net omdat daar ‘n moontlikheid is dat ons dit nie meer presies so uitspreek soos wat Mosheh dit uitgespreek het nie?

“Hebrew will not be the language in the soon-coming kingdom of God” – daar mag groepe wees wat dit verkondig, maar ons het dit nooit gesê nie.

“However, suppose one became convinced by the Sacred Names arguments and decided to join their movement” – ek wonder hoe ‘n mens dit gaan doen – hoe gaan jy hierdie “movement” join? Vir wie gaan jy kontak? By wie gaan jy aansluit? Nog ‘n bewys van die geweldige veralgemening en oorvereenvoudiging waarmee hierdie skrywer werk.

“The many Sacred Names groups are hopelessly divided as to how the Hebrew names of God should be pronounced” – dit is waar, maar nog steeds nie ‘n rede om die Vader se Naam te minag

nie. Kyk hoe verdeeld is die Christendom, maar dit beteken nie elke aspek van die Christelike geloof is onder verdenking nie!

“The Jewish historian Josephus confirms that Greek was predominant throughout the Roman Empire” – wat hy nie sê nie is dat dieselfde Josephus ook gesê het dat Grieks ‘n uiters moeilike taal was vir die Hebreeussprekendes om te praat en dat selfs hy (Jospehus, ‘n geleerde pertsoon) daarmee gesukkel het. Dit besvestig die vermoede dat baie van die boeke van die Nuwe Testament aanvanklik nie in Grieks geskryf is nie, maar in Hebreeus of Aramees. Ek dink nie dat ‘n mens te veel kan aflei oor die gebruik van die Vader se Naam in die Griekse geskrifte van die Nuwe Testament waarvan die meeste eers ongeveer 300 n.M geskryf is nie.

Ek het ook probleme met die volgende stellings, wat na my mening nie in die Skrif voorkom nie en die skrywer se eie interpretasie is:

“the Hebrew word Elohim, a uniplural word indicating more than one Being in the God Family” – daar is taamlike konsensus daaroor dat die woord “elohim” (alhoewel dit ‘n meervouds vorm het) normaalweg na Yahweh, en na Yahweh alleen verwys. Dit is glad nie ongewoon in Hebreesue dat ‘n woord in die meervoud slegs na EEN entiteit verwys nie.

“God inspired Paul to express the Hebrew word El as the Greek word Theos … likewise, he was inspired to express the Hebrew word, YHWH, into the Greek word Kyrios””translated “Lord” – hierdie stelling is uiters problematies. Weer eens, ons kan nie met sekerheid sê dat Shaul, wie se eerste taal Hebreeus was, oorspronklik in Grieks geskryf het nie. As hy egter wel in Grieks geskryf het, het hy net een van twee keuses gehad (1) Of hy moes die Vader se Naam onveranderd laat en dit net so in Hebreeuse letters weergee – soos wat die vroeëre skrywers van die LXX dit gedoen het (2) Of hy moes inval by die gebruik wat volgens alle aanduidings alreeds in sy dag bestaan het om die Naam “Yahweh” (uit respek) nie neer te skryf nie en dit bloot met die bekende Griekse begrippe “theos” of “kurios” te vervang. Myns insiens beteken dit nie dat Yahweh hom “geïnspireer” het om die Naam bo alle name af te water en dit met ‘n alledaagse begrip soos “kurios” te vervang nie.

“Christ inspired the writers of both the Old and New Testaments” – so ‘n stelling het nog nooit in die Skrif teegekom nie en is gebaseer op die onskriftuurlike begrip van die Drie-eenheid.

Sou seker nog veel meer kommentaar kon lewer, maar ek meen dis vir eers genoeg. Laat maar weet hoe jy oor alles voel.