Terugkeer na die Land

NJ, Kimberley

‘n Mens ontvang dikwels informasie vanaf mense van Amerika oor die eindtye en oor die verbond tussen Abraham, Isak & Israel om terug te gaan land toe (Israel) asook verskillende gebeure wat in Israel moet plaasvind, soos
Damaskus wat uitgewis moet word & die oorlog van Ps 83. Ons wil graag weet of daar mense of groepe in SA is wat
alreeds oortuig is om reg te maak om na ons land terug te keer, of is julle nie daarvan oortuig nie?

KOMMENTAAR:

Ek is nie bewus van sulke groepe nie en meen persoonlik dat nie alles wat in die Skrif ivm Israel gesê word, gaan plaasvind vóór die koms van die Messias nie. ‘n Mens moet seker maak van jou feite voordat jy op grond van ‘n sekere interpretasie van die Skrif, ‘n drastiese besluit neem soos om sak en pak na die land toe te verhuis. Ek glo dat Yahweh op die geskikte tyd duidelik aan al sy volgelinge sal bekend maak wat hulle te doen staan in die moeilike en veranderende tye wat voorlê. Ek het kortliks na hierdie saak verwys in ‘n onlangse Shabbat boodskap, as jy dalk wil gaan loer.