Messias tipe karakter

AG, Noordwes Provinsie

Ek glo soos YHWH spreek dat ons onssself uit Babylon moet verwyder sodat Hy persoonlik met ons moet werk, want ons kan nie 2 gode dien nie, en moet of warm of koud wees. Die wêreld kerk systeme is deurmekaar met die groot hoer van Babylon en omtrent almal het hulself en lidmate verkoop en submit aan die groot hoer. Ek het ‘n geskiedenis van verskillende kerke, maar vandag is ons hier in die NW provinsie, en nie onder enige kerk se leërstelling nie, daardeur kan YHWH met my werk. Ek voel al die afgelope 5 jaar dat Hy my roep om die waarheid na te streef en te soek en het ‘n begeerte om tyd met hom te spandeer. Word somtyds in die oggende wakker en vind myself in die sitkamer op my kniee in aanbidding, net om Hom te soek. Daar is af dae wat ek kry, maar dan tel mens, mens self weer op en volg die nou pad. Ek noem dit altyd die grond pad, want as mens na die tipe grond paaie in ons omgewing kyk, kan mens verstaan as YHWH noem van die noue en moeilike pad.

Hierdie afgelope 5 jaar was vir ons hele gesin ‘n eye “opener”, ons het besef dat alle doctrines wat deur die kerke vir ons geleer is, asook ons ouers, was vals…dit was noglas ‘n bitter pil om te sluk. Die moeilikste was om iets te ontleer wat vir jou geleer was van kleins af. Om hierdie nuwe wêreld en waarheid te sien wat oopgemaak was vir my deur YHWH se genade, het somtyds te veel geraak, maar deur die hulp van die Heilige Gees wat my bygestaan het…het ek en my gesin dit aanvaar as die waarheid wat altyd van ons ontneem was.

Dit is regtig ‘n alleen pad wat mens moet stap, maar ek verstaan dit nou en die redes daarvoor. Ek glo YHWH is besig om Sy skape te roep en die wat sy roepstem hoor en antwoord daaraan gee, sal die firstfruits wees. Om ‘n Messiah tipe karakter te bou wat streef vir Heiligmaking. Ek glo ons is in die laaste kerk era, genoem Laodicia, wat die era van groot wegvalling en verleiding is en gaan wees. Ek glo ook nie aan ‘n sogenaamde wêreld herlewing van Christendom waarvan die charismatiese kerke en ander oor praat nie.

Daar is nog baie wat ek moet leer, dit is hoekom ek my neus in die Bybel hou…

Kommentaar

Dankie vir jou brief en jou openhartige getuienis. Ek weet dit, dat Yahweh dienene wat Hom van ganser harte soek en hulle “neuse” in die Skrif hou, sonder enige twyfel sal seën. Ek hou van jou vergelyking met die grondpaaie van NW provinsie. Ek het ook al ‘n paar moeilike grondpaaie gesien en beleef en verstaan beslis wat jy bedoel … Laat gerus weer van julle hoor.