Oor die Doop en die Suidlanders

LC, Weskus

Ek het n behoefte, maar ek wil graag weet. Ek gaan binnekort weer trou. Ek wil bitter graag in Yahweh se naam gedoop word, maar wil weet of ek moet wag dat Vader vir my die regte tyd sal gee, of sal dit beter wees om dit voor die troue te doen?

En dan het ek n vraag wat ek so graag wil vra. U het seker al gehoor van die suidlanders. n Afrikaner volk wat ook baie vir Vader is, maar gebruik nog die ou name. Gaan hulle verlore gaan. Ek het my ma vertel van Vader en sy seun Yushua se name en sy se dis reg, ek dink sy dink ons is van die jehowas ek weet nie, maar syt my gese sy bly by dit wat sy geleer het. Hoe kan ek haar oortuig. Ek weet ek loop die regte pad, want in my hart voel ek dit vir die eerste keer. En die Suidlanders is dit reg om te vlug of moet ons net vertrou. Vader het tog sy volk gelei, en vir hulle gese om te gaan waar Hy hulle wou he, is die suidlanders reg, Hulle glo grootendeels ook aan Siener se profetiese mmmm uitsprake …..seker n ander woord, skuus kan net nie daarby kom nou nie…..Wat is reg en wat is verkeerd?

KOMMENTAAR

Dit is nie nodig om enige tyd te laat verbygaan voordat ‘n mens jou laat doop nie. In die Skrif is mense onmiddellik gedoop nadat hulle tot kennis vd waarheid gekom het. In jou geval kan ek nie dink aan ‘n beter voorbereiding vir jou voorgenome huwelik as om jou in die Naam van Y’shua die Messias te laat doop nie. Alhoewel die Naam Yahweh vir ons nuwe betekenis gekry het, is die patroon vd Skrif om in die Naam van sy Seun, Y’shua die Messias, gedoop te word. Die doop is ‘n teken dat ons in Hom glo en met Hom identifiseer.

Ek stem nie met die beleid en werkswyse vd Suidlanders saam nie – hoofsaaklik omdat hulle eksklusief probeer wees en ander bevolkingsgroepe uitsluit. Boonop maan die Skrif ons as gelowiges om op Yahweh te vertrou met die oog op die eindtyd, nie om ekstreme maatreels te volg om vervolging en stryd vry te spring nie. Siener mag dalk sekere dinge reg voorspel het, maar ons belangrikste maatstaf bly die Woord van Yahweh.