Is Y’shua ‘n mens?

IV, Location Unknown

Ek is besig om die vrae en antwoorde (onder “E-mails received”) op Elim se webtuiste te bestudeer. Dit sal baie gaaf wees as u dalk een sin uit ‘n antwoord op ‘n vraag oor “The deity of Yeshua” vir my kan verduidelik. Ek haal aan: “This confirms the fact that He was no ordinary human being, “sent” to this world as a special Messenger of Yahweh who, although clearly to be distinguished from the Almighty, is also worthy of our praises and worship.” Beteken dit Yeshua is ‘n mens (human being), maar buitengewoon, of is hy nie ‘n mens nie?

KOMMENTAAR

Dis lekker om van jou te hoor en ek sal graag verder met jou hieroor wil praat, maar wil jou vir eers aanmoedig om van die ander artikels en leesstukke op ons webblad te lees … die artikel wat dalk die beste aansluit by jou vraag is hierdie een. Lees dit gerus met ‘n oop gemoed en dan sal ek graag jou reaksie hierop wou hoor.

Om net ‘n kort antwoord op jou vraag te gee: Y’shua het ongetwyfeld as mens (in die volle sin van die woord) hier op aarde gelewe en is vanweë sy gehoorsaamheid en getrouheid, deur Yahweh die Almagtige uit die dood opgewek en (as “eersteling uit die dood”) verhoog tot ‘n posisie van heerskappy aan Sy eie die regterhand. Volgens die patroon van die “eersteling” sal daar later ‘n groot oes van mense wees wat ook uit die dood opgewek sal word en in die bedeling wat kom, saam met Y’shua as konings en priesters sal regeer.

Sterkte met hierdie moeilike, maar baie belangrike onderwerp. Ek hoor graag weer van jou!