Familie voel nie dieselfde oor doop nie

YS, Adres onbekend

Ek het onlangs tot die oortuiging gekom dat die baba besprinkeling nie korrek is volgens die Woord van God nie. Dankie vir artikel ‘Gedagtes rondom die Christelike doop’ op jul webblad. Dit het my baie gehelp. Ek het nou n paar probleme: Ek weier om my baba te laat doop en my familie verstaan dit nie. Ek is oortuig dat ek in die Naam van Y’shua, die Messias gedoop moet word maar weet nie waar ek dit kan doen nie en my familie sal dit nog minder verstaan. Bid asb vir my en my familie omtrent die saak.

Kommentaar

As jy (en jou man?) oortuig is van die korrekte manier en betekenis van die doop, moet julle nie dat julle familie julle in dié opsig “overrule” nie. Daar is te veel opsigte waarin ons in die verlede toegelaat het dat ons families vir ons dikteer wat om te glo en hoe om ons geloof uit te leef. Die Messias het gewaarsku dat ons families ons sal opponeer as ons kies vir die waarheid, maar ook gemaan dat ons Hom bo ons families moet stel. As julle wil, kan julle ‘n geleentheid reël waar julle julle baba seën (met enige van die talle seënbedes wat in die Skrif voorkom) en julle familie na dié geleentheid uitnooi. Op die manier kry hulle dalk ook meer begrip vir wat julle glo …