Werk vir ‘n Moslem?

CU, Johannesburg

HALLO JOHN, EK WIL ASB JOU RAAD VRA. MY SEUN IS 37JR. HY IS ‘N POS AANGEBIED IN ‘N GROOT MPY. MAAR EK HOOR DIE EIENAAR IS ‘N MOSLEM MET VERSKILLENDE GROOT BESIGHEDE. WAT SÊ JY IS DIT O.K? EK HET DIT N GEBED SAAK GEMAAK EN DIT IN (YAHWEH) SE HAND GELAAT. WANT MY SEUN HET ‘N SWAAR PAD SAAM MET ONS DEUR DIE WOESTYN GESTAP.EK HET AL MET ANDER GEDEEL DAN SÊ HULLE AS ONS NET MOET WERK VIR (GELOWIGES) GAAN DAAR NIE BAIE WERK WEES NIE. DEEL ASB JOU HART EN WOORD MET MY I.V.M. DIE SAAK.

KOMMENTAAR:

Op Skriftuurlike gronde kan nie beswaar ingebring word daarteen om vir ‘n Moslem te werk nie. Dit is duidelik, veral in die Nuwe Testament, dat baie van die vroeë gelowiges vir ongelowige base gewerk het. Niemand het gesê hulle moes onttrek nie – slegs dat hulle in hulle werksituasie nooit moes ophou om ‘n sterk getuie vir die Messias te wees nie.