Bloedrivier

SB, Palaborwa

Ek het nou n woord en getuienis. Ek wil net vra vir wie het die mense met die slag van bloedrivier
gebid? Wat beteken Elohim?
Kommentaar

My oortuiging is dat Bloedrivier se mense tot Yahweh, die Elohiem van Yiesrael en die Skepper van hemel en aarde, gebid het. Hulle het waarskynlik net nie geweet dat sy Naam Yahweh is nie. Of hulle het geweet, maar hulle geestelike leiers het hulle laat glo dat dit nie nodig is om die Vader by sy Naam an te roep nie. “Elohiem” is nie ‘n naam nie, maar ‘n titel. Soms word Yahweh met hierdie titel aangespreek (op dieselfde manier as wat iemand die president as “meneer die president” sal aanspreek, maar sy geopenbaarde Naam bly Yahweh.

Hoop dit help ‘n bietjie.