Die Skrif en Siekte

AD, Kimberley

Het jy enige artikel / verwysing wat handel oor siekte. Ek het n vriendin wat kanker opgedoen het + baie vrae het. ‘n Gemeenskaplike vriend van haar se dat siekte nie van YHWH is nie, maar van die bose. As ek die Woord lees, kry ek baie teenstrydighede. Uit die aard van die saak wil ek haar nie belas met my vrae nie, ek wil bloot weet of ek dwaal of die Woord verkeerd interpreteer. Kan jy my hier bystaan met my vraag?

KOMMENTAAR:

Ek is baie jammer om te hoor van jou vriendin se siekte. Dit is nie maklik om sulke nuus te verwerk nie en selfs nog moeiliker om met die persoon wat daardeur geraak word, te praat. Verder is die hele vraag van hoe ‘n mens oor siekte moet dink, nie ‘n maklike een nie. Om vir iemand te sê siekte kom nie van Yahweh af nie, maar van die Bose, is dikwels nie die regte benadering nie en kan daardie persoon in ‘n geweldige dilemma (met sy of haar eie geloof) plaas.

Daar is ‘n klompie artikels op ons webblad wat hierdie dilemma bespreek. Ek het ‘n artikel geskryf pas nadat ons oudste dogter ‘n paar jaar gelede in ‘n baie ernstige motorongeluk was (ons loof Yahweh dat sy fisies volkome herstel het en vandag ‘n normale lewe kan ly). Jy kan dit hier lees.

As jy kansie kry, kyk ook hierna:

Tergende Vrae

Waarom – Omdat

Wanneer Yahweh in my Pyn verskyn