Werk op Yom Kippur

AD, Kimberley

Ek het leiding nodig: Ek het ek n paar personeel wat vir my werk en na n aantal jaar nog glad nie hoor wat ek hulle vertel nie. My vraag is oor Yom Kippur – ek self werk glad nie die dag nie en my foon sal ook af wees, maar wat maak ek met my personeel? Gee ek hul af dat hul in elk geval die dag soos n gewone dag sal deurbring met geslote ore en oë? Of is ek gehoorsaam soos die gebod oor n shabbat se “jy en jou diensknegte”? Wat doen jy met jou werkers op YK?

KOMMENTAAR

Ek dink jy het reeds jou eie vraag gedeeltelik beantwoord. As jy jou werkers afgee, gaan hulle in elk geval nie Yom Kippur hou nie! Ons situasie vandag is net soveel anders as Israel destyds – toe Yahweh self die wetgewer en (almal se) Meester was en selfs die diensknegte noodwendig moes inval by die grondreëls wat Yahweh bepaal het. Ek glo dat daardie situasie eers herstel gaan word, wanneer die Messias weer kom en Yahweh se koninkryk deur almal gesien en erken gaan word. Vir my, wat deeltydse bouwerk doen, is dit maklik: Ek reël eenvoudig dat ons nie werk op hierdie dae nie en my werkers werk dan ook nie (vir my nie). In jou geval, glo ek, kan jy vir jou personeel ‘n keuse gee – hulle weet mos reeds waarom jy nie op hierdie Dag werk nie en watter keuse jy in hierdie opsig gemaak het. As hulle verkies om te bly werk op ‘n dag wat vir hulle niks beteken nie, kan jy hulle seker nie keer nie. Ek weet nie of dit die regte antwoord is nie, maar dis hoe ek dit nou sien.