Nagmaal en Pesag

AD, Kimberley

John, het jy dalk n stuk wat ek kan gebruik om 1 Kor. 11 beter te verduidelik aan n persoon? Die vraagstuk is of die Verbondsmaal dikwels gebruik kan word of jaarliks met Pesach. Ook om die verskil tussen die gebruik van brood en wyn tydens Pesach vs Shabbat te verduidelik.

KOMMENTAAR

Daar is myns insiens nie genoegsame aanduidings dat “nagmaal” of “verbondsmaal” meer as een maal per jaar plaasgevind het nie. Die maaltyd wat in 1 Kor 11 ter sprake is, is ongetwyfeld die maaltyd wat jaarliks op die aand van Pesag gehou word, en wat ná die Messias se dood, ‘n soort dubbele herinneringsdag was: om die uittog uit Egipte te onthou en om die dood van die Messias te onthou. Brood en wyn tydens Shabbat is ‘n (mooi) tradisie, maar nie op die Skrif gebaseer nie.