DP, Australia

Ek wil graag weet , kan ek aan sluit by julle Kerk as ek ver bly? Is julle kerk net op n Saterdag, en hoe word die sabbat gehou? Is daar n sekere kleredrag? Ek en my dogter soek antwoorde oor watter dag is die sabbat ? Is dit Saterdae en hoekom. Sal dit waardeer as u dit vir my kan se… En dan ook word julle predikers Pastoor genoem?

KOMMENTAAR

Ons het ‘n klein plaaslike gemeente (geen groot organisasie of kerk waarby ‘n mens “aansluit” nie), maar probeer ‘n diens bied aan gelowiges reg oor die land wat die betekenis van dinge soos die Shabbat, feeste, Vader se Naam, ensovoorts begin ontdek. Ons hou dienste op Saterdag middae om 4 uur en het ‘n fasiliteit vir mense wat ver bly (selfs oorsee!) om via Skype in te skakel. Verder versprei ons materiaal (waaronder ook ‘n Afrikaanse Bybel – bekend as Woord en Getuienis – waarin name ensovoorts, reggestel is) en probeer om gelowiges wat hierdie pad begin loop het, in aanraking te bring met ander naby aan hulle, wat dieselfde oortuigings het. Jy sal maklik in die artikels op ons webblad kan sien dat daar geen twyfel is dat Saterdag die sewende dag is nie (selfs teoloë van die gevestigde kerke wéét dit en erken dit ruiterlik in hulle geskrifte!).

No tags for this post.

One Response to DP, Australia

  1. Robert says:

    Mat 24:21  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie

    Mat 24:20  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.

    So, die Sabbat is nog steeds aan die einde van dae geldig. !

    Wanneer het hulle vergader in die Messias se dae toe Hy hierdie waarskuwing gegee het?

    Op Vrydagaand tot Saterdagaand in die Sinagoges.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

:nice: :wink: :up: :glad: :ooo: :oops: :lol: more »