GELOOF, HOOP EN INTEGRITEIT

alternate textVandag, 10 Februarie 2018, is dit presies 5 jaar gelede dat een van die mees bekende rabbi’s van Israel se meer onlangse geskiedenis oorlede is. David Hartman het 81 jaar oud geword en sal onthou word as iemand wat tot die dag van sy dood, sy lewe daaraan gewy het om transformasie en herlewing en ʼn terugkeer na die waarheid in sy eie land en onder sy eie mense te bewerkstellig. In die huldeblyke ná sy dood is die volgende beskrywings onder meer vir David Hartman gebruik: The rabbi who refused to believe that religion was the private property of certain people; the Jewish philosopher who was an advocate of an Enlightened Orthodoxy; the charismatic teacher and prolific author, who encouraged his students to question tradition; the Jewish leader who became known for his efforts to promote understanding, both between Jews of various affiliations and between Judaism and other mainstream religions of the world.

Hartman was ʼn uitstekende spreker en mense het graag na hom geluister. Maar dit was die inhoud van sy boeke en sy lesings en sy diep gewortelde oortuigings en sy beginsels van geregtigheid wat lank na sy dood onthou sal word – nie die feit dat hy ʼn onderhoudende spreker was of ʼn charismatiese persoonlikheid gehad het nie. Hy het nie gehuiwer om die inhoudlose tradisies van Judaïsme by die naam te noem en soms uitmekaar uit te trek nie. Dit het hy gedoen sonder om hom van Judaïsme te distansieer – hy het deur en deur Jood gebly, tot met sy dood. Maar, byna op dieselfde manier as Y’shua die Messias, het hy te velde getrek teen dooie werke, valsheid en skynheiligheid. Hy was ʼn kampvegter vir waarheid, liefde, verdraagsaamheid en hoop.

So het hy byvoorbeeld dieselfde soort konteks aan die liefdesgebod gegee wat Y’shua ook daaraan gegee het: “People think that the great biblical commandment is: love thy neighbor as yourself. This, I don’t deny it’s an important command. However, let me tell you about another biblical commandment, which is even more difficult to embrace and is even more important, and that is the biblical phrase, You shall love the stranger because you were strangers in the land of Egypt. The love of the neighbor, is more simple, because it is someone who lives in your neighborhood, someone you recognize, someone you can anticipate and predict their behavior. But to love the stranger, and I would use the term not only stranger, but “the other” – the radical other. How do I meet the other? Why is that so significant that I have to embrace the other with compassion? What does the other do for you as a human being? The other heals you from absolutism. The other, in some way, asks you to consider your own convictions not as the exclusive truth. The other forces you to open yourself to a world different than yourself, and to give up absolutism and the notion that ‘only I am right and others are wrong’. If you embrace the other, you discover a way of liberation out of a world where you are obsessed with your own ego. Daar is geen twyfel dat hierdie woord ʼn ontsettende tydige woord is nie – nie net vir Jode nie, maar ook vir ons!

Hartman verwonder hom oor die kapasiteit van sy eie mense om uit lyding en teleurstelling en tragedie uit op te staan en die lewe weer vol-uit te trotseer en selfs fees te vier en uitbundige vreugde te beleef. “What is there about our people that we can live through destruction, despair and the deepest sense of the dehumanization of man, and proclaim our willingness to be dependent upon the world, to in some way act together with them and to build a culture of trust? You have to live here to know the secret of this people. You can see it. I am always amazed at the Day of Remembrance for soldiers who were killed in Israel’s wars. You go to the cemetery. Families weep. Children look lost, and then a few hours later it is the Day of Independance, and suddenly everyone wishes each other chag sameach – happy holiday – and there is celebrating. How do we go from such deep pain, such deep weeping to celebration? How are we able to not live in tragedy and to be able to celebrate life? This is what this country is about, and for this I am deeply grateful.” ʼn Mens dink in hierdie verband onwillekeurig aan Hab 3:17-18 “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in Yahweh, ek sal juig in die Elohiem van my verlossing” en aan 1 Pet 4:12-13 “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van die Messias, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy grootheid met blydskap kan jubel.”

Hartman vertel die verhaal van hoe hy met sy kleinkind (wat op daardie stadium in die Israeli weermag was) oor sake van die Torah gepraat het en vir hom die voorbeeld genoem het van twee rabbi’s wat op ʼn keer met mekaar geredeneer het oor wat die regte ding sou wees om te doen as jy saam met een ander persoon in die woestyn is en jy het net een houer met water. As jy dit self drink, sal jy bly lewe en die ander een sal sterf. As jy dit deel met die ander een, sal albei sterf. Wat doen jy as jy in so ʼn dilemma verkeer? Sy kleinseun, Noam, was absoluut verstom en het vir sy oupa gesê dat albei die rabbi’s die punt mis en dat daar vir hom as soldaat net een opsie sou wees: Jy gee die water vir jou makker. Jou eie lewe is nie die belangrikste nie. Jou vriend se lewe is die belangrikste – dis wat die weermag hom geleer het. Die blote gedagte dat jy eers na jouself kyk en dan na die een wat saam met jou is, is binne die konteks waarin hy sy opleiding ontvang het, totaal ondenkbaar en selfs absurd. Die weermag het hom geleer om na homself te kyk as deel van ʼn groter geheel, deel van ʼn span wat medeverantwoordelikheid vir mekaar neem omdat hulle op dieselfde eindbestemming gefokus is. Hartman sê hy was só beïndruk dat hy met die offisiere in die weermag gaan praat het en vir hulle gesê het: Julle is die godsdienstige leiers van ons mense! Julle is die leiers wat ʼn verskil gaan maak aan die morele kwaliteit van die weermag! Hartman het dit dalk nie besef nie en dit was beslis nie binne sy verwysingsraamwerk nie, maar hierdie voorval is ʼn uitstekende demonstrasie van die beginsel van Fil 2:3 “Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself” – ʼn beginsel wat geskoei is op die model waarvan Y’shua die Messias die fondasie kom lê het toe Hy sy lewe gegee het sodat ander kan lewe. Dis hierdie model wat so opvallend ontbreek in die samelewing waarin ons vandag lewe – ʼn samelewing wat grotendeels gekenmerk word deur selfsug, selfverryking, selfbemoeienis, selfbevrediging, selfbelang, selfliefde, self-aktualisering, selfbevordering en self-aanstelling.

Uit hierdie voorbeeld is dit duidelik dat David Hartman ʼn ander siening van godsdienstigheid gehad het as meeste rabbi’s of sg. “godsdienstiges” daarbuite. ʼn Joernalis met die naam Uri Misgav het met David Hartman ʼn onderhoud gevoer toe hy 80 jaar oud geword het. Hartman het die joernalis nie voorheen geken nie, maar hy kon agterkom uit die soort vrae wat Uri gevra het, dat hy omgee vir Israel en sy mense. Op ʼn stadium sê Hartman dan ook vir hom:
“I can see that you’re sensitive, that you understand that there should be something else here (in Israel). Stay here, and don’t rely on what some rabbinic authority tells you.”
Uri: “No problem. I’m not religious. But I care about the existence of the Jewish people.”
Hartman: “Not religious?! I’m telling you, you’re a seriously religious person. More than them, because you care.” Uri: I care a lot. But I’m worried. Hartman: “You have good reason to be.”

Hartman was intens bekommerd oor die toekoms van sy mense – net soos wat baie van ons ook vandag bekommerd en diep besorgd oor die toekoms van ons land en sy mense is. Oor hierdie bekommernis, en oor die feit dat dit soms lyk asof daar geen uitkoms op die horison is nie, en oor wat ʼn mens daaromtrent kan doen, het Hartman by ʼn ander geleentheid gepraat en onder meer gesê: “It is sufficient that they can HOPE in the midst of their suffering” – veral bly HOOP op die koms van die Messias.

 

Wat hier uitstaan, is dat ons nie te vinnig moet wees om vir onsself (en vir ander mense) wys te maak dat die uitkoms of die verlossing of die deurbraak net om die draai is nie. Asof ons sal vergaan as daar nie spoedig een of ander vorm van verligting kom nie. Nee, ons gesindheid en ons ingesteldheid moet die ingesteldheid wees van ons voorlopers in die geloof waarvan Hebreërs 11 praat. Hulle het doodeenvoudig geglo dat Elohiem ʼn beloner is van die wat Hom soek (Heb 11:6) – en hierdie geloof het hulle deurgedra, nie die beloning nie. Hulle het ʼn stad verwag wat Elohiem self vir hulle voorberei het (Heb 11:10) – en dis hierdie verwagting wat hulle deurgedra het, nie die fisiese inbesitname van die stad nie. Hulle het die beloftes van Elohiem in die verte gesien en dit geglo (Heb 11:13) – en dis hierdie geloof wat hulle dag na dag gedra het, nie die vervulling van die beloftes nie. Heb 11:39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte NIE ontvang nie – tog was daar ʼn seker wete dat Yahweh vir hulle iets beters beskik het en dat hulle op sy geskikte tyd, die VOLMAAKTE as beloning sou ontvang (Heb 11:40).