Breinspoel met die Torah?

IS, Cape Town

Naand , ek wil graag uitvind oor die Woord bediening Torah wat se bediening dit is en van waar die ontstaan.Daar is sekere dinge wat nie sin maak nie hoekom die Bediening nie sondag as n heilige dag gebruik nie en Kersfees nie ook op 25 ste Des met Jesus se geboorte herdenk word soos al die Jode in Isreal nie. Kan u my asb meer inligting gee.

My stiefkinders se vader het by die bediening aan gesluit en kinders begin breinspoel met die Torah bediening en ook boeke gestuur , maar ek het alles vir hom terug gepos want ek soek dit nie in my huis nie. Ek het self op n tyd geleer as n pastoor en is nlidmaat van AGS gemeente, en my vrou met haar kinders bly by my en gaan nie dat hy hulle deur mekaar maak met sy woord bediening nie. So asb ek bedoel niks daarby nie maar kan u my help met meer inligting asb, waaroor Torah gaan en wat hulle visie is.

KOMMENTAAR

Dis moeilik om kortweg op jou vrae te antwoord, maar ek nooi jou uit om die Skrif te ondersoek en self vas te stel of daar van ‘n Sondag of van ‘n Sabbatdag (Saterdag) as afgesonderde of “heilige” dag gepraat word. Ook wat “Kersfees” betref: of enige gelowige in die Skrif ooit so ‘n fees gevier het en of hulle die feeste waarvan die Torah praat, soos pasga, gevier het. Wat vir ons hedendaagse mense moeilik is om te verstaan, is dat die mense in Y’shua (“Jesus”) se tyd nie ‘n ander “Bybel” as die Torah (wet en die profete) gehad het nie en dat dit hulle enigste riglyn vir die geloof was. Y’shua self het die Torah onderhou en as ons graag sy dissipels wil wees behoort ons ook erns daarmee te maak. Laat weet maar as daar iets spesifieks is wat jou pla en waarmee ek moontlik kan help. Ek kan nie namens ander groepe praat nie, maar wat ons doen is om bloot die voorbeeld van die Nuwe Testament en die Messias na te volg wat self gesê het dat Hy nie gekom het om die Torah tot niet te verklaar nie.