DAAR IS GEEN PLAASVERVANGER NIE

alternate textDit is baie tipies van die moderne mens om dit wat net maar effens “oud” en “uitgedien” en “verweer” geraak het, eenkant toe te skuif en met ‘n nuwer produk te vervang.  Die begrip wat normaalweg vir hierdie lewenstyl gebruik word is “consumerism” of “verbruikersmentaliteit”.  Die idee agter hierdie mentaliteit is eenvoudig:  Hoe meer nuwe en verbeterde produkte ek aankoop en gebruik, hoe meer suksesvol en tevrede sal ek wees.

Iemand het dit so probeer verwoord:  “We might therefore talk of a new kind of people, educated by TV commercials, wanting to be tricked into buying what they don’t need, so as to feel they belong in a society that glorifies conformity, celebrity and wealth.”

Nog ‘n kommentator het geskryf:  “Our enormously productive economy demands that we make consumption our way of life, that we convert the buying and use of goods into rituals, that we seek our spiritual satisfaction and our ego satisfaction in consumption. We need things consumed, burned up, worn out, replaced and discarded at an ever-increasing rate.”

Die gevare van so ‘n leefstyl word al reeds ‘n geruime tyd, en op ‘n taamlike wye skaal, onder mense se aandag gebring.  Daar is die onmeetbare gevare wat ‘n oordrewe verbruik van allerlei produkte wêreldwyd vir die omgewing en die ekologie inhou.  Twee jaar gelede, by ‘n jaarvergadering van die “Ecological Society of America” is onthul dat “human society is in a “global overshoot”, consuming 30% more material than is sustainable from the world’s resources.”

‘n Veel groter gevaar lê op die vlak van die vorming van ‘n eie identiteit by mense – iets waarmee elkeen van ons van kleins af besig is en wat uiteindelik bepaal hoe ons onsself sien en oor onsself dink.  Navorsing het lankal aangetoon dat “there is a strong link between materialism and self-esteem in children … the more materialistic children are, the lower their self-esteem.”  Deesdae word daar in die samelewing ‘n geweldige groot klem geplaas op “brand names” en daar word voortdurend druk geplaas op beide kinders en volwassenes om in pas te bly met die jongste produk of tydverdryf wat “cool” of “swell” of “neat” of “awesome” is.  Uiteindelik neem hierdie artikel of hierdie sosiale aktiwiteit so ‘n sentrale posisie in jou lewe in, dat jy jouself beswaarlik daarvan kan distansieer.

Op ‘n manier dink meeste van ons van nature:  nuut (“replace”) en groot (“global”) en modern (“with-it”) is BETER.  Selfs wanneer dit kom by dié dinge wat ons innerlike gemoedsrus en ons gevoel van geborgenheid en tevredenheid bepaal.  Dalk is dit die mens se inherente rusteloosheid en sy vermoede dat die gras altyd groener aan die anderkant van die draad is, wat hom so laat dink.  Die Skrif laat egter geen twyfel daaroor nie dat so ‘n siening op een groot misverstand berus en op bittere teleurstelling kan uitloop.  Daar is niks wat die plek kan inneem van dit wat Yahweh uit guns vir elkeen van sy volgelinge bestem het nie.  Daar is GEEN plaasvervanger vir geloof en vertroue en die aanhang en najaag van Yahweh se beloftes nie.  Daar is geen ding of geen mens of geen tydverdryf wat vir ons dit kan bied wat Hy vir ons kan bied nie.  Kom ons kyk wat die Skrif hieroor leer.

1Sa 2:2  Niemand is afgesonder soos Yahweh nie; ja, daar is niemand behalwe U, en daar is geen rots soos onse Elohiem nie.

1Ch 29:15  Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos ‘n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.

Psa 22:11  (12) Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

Psa 36:1  Vir die musiekleier.  ‘n Psalm van Dawied, die kneg van Yahweh.  In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die afvallige: Daar is geen vrees van Elohiem voor sy oë nie.

Pro 21:30  Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor Yahweh nie.

Ecc 8:8  Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die afvalligheid hom wat dit begaan, nie red nie.

Isa 37:3  En hulle sê vir hom: So sê GiezkiYah: Vandag is ‘n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te verwek nie.

Jer 12:12  Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van Yahweh verteer van die een einde van die land tot die ander einde van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.

Lam 2:9  Tet.  Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar heersers is onder die heidene; daar is geen Torah nie, en haar profete ontvang geen gesig van Yahweh nie.

Nah 3:19  Daar is geen herstel vir jou vernietiging nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?

Hab 2:19  Wee hom wat vir ‘n stuk hout sê: Word wakker!  vir ‘n dooie klip: Ontwaak!  Kan hy ‘n mens leer?  Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is geen gees in sy binneste nie!

Rom 13:1  Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van Elohiem nie, en die wat daar is, is deur Elohiem ingestel.