Die benaming “Bybel”

BK, Midrand

Ek het agter gekom dat jy doelbewus die woord “bybel” vermy. Kan jy dalk vir my sê hoekom? Volgens wikipedia (en ander) is die betekenis lyk my slegs “boek” wat dan eintlik dieselfde is as die woord “Skrif” wat jy gebruik, dan nie?

According to the Online Etymology Dictionary, the word bible is from Anglo-Latin biblia, traced from the same word through Medieval Latin and Late Latin, as used in the phrase biblia sacra (“holy books”). This stemmed from the term (Greek: Ta biblia ta hagia, “the holy books”), which derived from biblion (“paper” or “scroll,” the ordinary word for “book”), which was originally a diminutive of byblos (“Egyptian papyrus”), possibly so called from the name of the Phoenician port from which Egyptian papyrus was exported to Greece.

Biblical scholar Mark Hamilton states that the Greek phrase Ta biblia (“the books”) was “an expression Hellenistic Jews used to describe their sacred books several centuries before the time of Jesus,” and would have referred to the Septuagint. The Online Etymology Dictionary states, “The Christian scripture was referred to in Greek as Ta Biblia as early as c.223.”

Kommentaar

Die woord “Bybel” het eers relatief laat in die Christelike tradisie as kollektiewe verwysing na die Skrif in sy geheel begin funksioneer. Daar is geen aanduiding in die Skrif self dat óf die Ou Verbond óf die Nuwe Verbond óf albei ooit só genoem is nie. Dr Chris Koster het in sy boek “The Final Reformation” (ook in Afrikaans beskikbaar) myns insiens oortuigend aangedui dat “biblos” bo en behalwe die feit dat dit die Griekse woord vir “boek” is, vroeër ook die naam van ‘n afgod was en duidelike konnotasies met die Fenisiese songod gehad het. Ek heg ‘n uittreksel van sy boek vir jou aan. Boonop is “biblos” en “biblia” Griekse woorde terwyl die Skrif in sy geheel, deur en deur ‘n Hebreeuse inslag het – dit is juis die Griekse invloed wat aanleiding gegee het tot baie van die onskriftuurlike tradisies waarmee ons tot vandag nog opgeskeep sit. Vir my is daar in die lig hiervan geen rede om nog steeds hardnekkig met so ‘n twyfelagtige benaming soos “Bybel” te volhard nie.

As julle nog nie Dr. Koster se boek onder oë gehad het nie, kan julle dit gerus probeer aanskaf. Dit is deesdae bekend as “Kom uit haar uit, my volk” (“Come out of her, my people”) en is beskikbaar by Qodesh Books.