ASPEKTE VAN DIE WAARHEID 2

alternate textLuk 16:10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.
“Whoever is careless with the truth in small matters cannot be trusted with important matters.”
― Albert Einstein (Selfs wanneer dit kom by die persoon van Albert Einstein, is daar ‘n hele aantal leuens en mites wat nie die waarheid is nie: Dit is nie waar dat hy wiskunde op skool gedruip het nie – hy het wel later ‘n toelatings-eksamen gedruip, omdat hy nie die vraestel wat in Frans was, mooi kon verstaan nie; Dis nie waar dat hy die Nobelprys vir sy teorie van relatiwiteit ontvang het nie – hy het die Nobelprys vir Fisika in 1921 ontvang vir sy ontdekking van die wet van die foto-elektriese effek; dis nie waar dat hy as baba buitengewoon vroeg begin praat het nie – hy het trouens eers begin praat nadat hy 3 jaar oud was en sommige dokters praat nog steeds van die “Einstein-sindroom”: uiters begaafde kinders wie se spraak baie laat ontwikkel; Dis wél waar dat Einstein nie kon swem nie, nie kon motor bestuur nie, nie sokkies gedra het nie en in 1952 die presidentskap van Israel aangebied is, wat hy op 73 jarige ouderdom bedank het, met die verskoning dat dit hom ontbreek aan die “natural aptitude and the experience to deal properly with people.” As jy die 14 letters van “Albert Einstein” deurmekaar skommel, kan jy drie nuwe woorde vorm: “ten elite brains”!)

Spr 6:12-15 Hy wat met ‘n valse mond rondloop … in wie se hart valse streke is … sy ondergang sal skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.
“The quick pain of truth can pass away, but the slow, eating agony of a lie is never lost.”
― John Steinbeck (bekende Amerikaanse skrywer van die boek “East of Eden” – die titel is ‘n sinspeling op Gen 4:16 “Toe gaan Kayien weg van die aangesig van Yahweh, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden”. Die boek skets die lewens van 2 Amerikaanse families in die laat 1800’s en vroeë 1900’s en laat telkens die eeu-oue tema deurskemer van Abel en Kaïn, goed en kwaad, waarheid en leuen, soos dit selfs vandag nog in ons families en gemeenskappe na vore kom.)

2 Tim 2:25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of Elohiem hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie.
“The seeker after truth should so humble himself that even the dust could crush him. Only then, and not till then, will he have a glimpse of truth.”
― Mahatma Gandhi (Eintlike naam: Mohandas – Mahatma is eintlik ‘n titel wat beteken “great soul” – in Indië staan hy ook bekend as “The father of the nation”; Gandhi se “loopbaan” van aktivisme en passiewe verset het eintlik rondom 1900 tydens sy 21 jarige verblyf in Suid Afrika begin – toe hy die diskriminasie van die kant van die Nederlanders en die Britte beleef het; “During his time in South Africa, where he was imprisoned many times, he developed his concept of peaceful resistance and “satyágraha” – “firmness in truth”.)

Mat 13:20-21 En die een by wie op rotsagtige plekke gesaai is – dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.
“Men occasionally stumble over the truth, but most of them pick themselves up and hurry off as if nothing ever happened.”
― Winston Churchill (Politikus, Militêre Offisier en Eerste Minister van Brittanje 1940 – 1945; Bevind homself in Suid Afrika tydens die Boere-oorlog in 1899; word gevang en as krygsgevangene [Prisoner of War] aangehou en ontsnap en vlug later saam met twee ander gevangenes; As jong seun was die rebelse Churchill glad nie lief vir skool nie – “My education was only interrupted by my schooling”; voordat hy Eerste minister geword het, spreek hy hom sterk uit teen die Britse beleid van “appeasement” (Afr: “paai-beleid”) met Hitler: “An appeaser is one who feeds a crocodile, hoping it will eat him last”.)

Gal 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van Elohiem? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van die Messias wees nie.
“Wanting to be liked can get in the way of truth.”
― Delia Ephron (Amerikaanse skrywer en dramaturg – onder meer die skrywer van die bekende boek/film “You’ve got Mail” en produsent van die film “Sleepless in Seattle”; Ook bekend vir haar uitspraak: “The truth can’t be buried … the very nature of truth is that it will ultimately reveal itself”.)

Ps 19:9-10 Die vrees van Yahweh is rein … die verordeninge van Yahweh is waarheid – tesame is hulle regverdig. Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning.
“Seeking what is true is not seeking what is desirable.”
― Albert Camus (Franse skrywer en filosoof; op 44 een van die jongste ontvangers van die Nobel prys vir Letterkunde [1957]; In sy jonger dae was hy ‘n kranige sokkerspeler – hy het die posisie van doelwagter verkies omdat sy kwaai ouma gereeld sy skoene geïnspekteer het en die posisie van doelwagter baie “sagter” op sy skoene was en hy dus sodoende “op goeie voet” met sy ouma kon bly!)

Joh 8:44 Die duiwel … was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie … hy is ‘n leuenaar is en die vader (van die leuen).
“While you live, tell truth, and shame the Devil!”
― William Shakespeare (Bekendste Engelse skrywer en dramaturg van alle tye – onder meer 37 verhoogdramas en meer as 150 stukke poësie – maar niemand ken die dag van sy geboorte nie – moontlik 1564 – en vir sewe jaar [1585-1591] “verdwyn” hy spoorloos, sodat niemand vandag nog weet wat in daardie sogenaamde “lost years” gebeur het nie; in daardie dae was daar geen vroulike rolspelers in die verhoogstukke nie en die rolle van vroue is deur manlike toneelspelers vervul; Shakespeare self is verantwoordelik vir die woorde op sy eie grafsteen: “Blessed be the man that spares these stones, and cursed be he that moves my bones.”)

Spr 15:4-6 Valsheid van tong is vernietiging in die gees … (maar) hy wat op die teregwysing ag slaan, word wys; (by) die regverdige is ‘n groot skat, maar (by) die afvallige is verwarring.
“Truth is ever to be found in the simplicity, and not in the multiplicity and confusion of things.”
― Isaac Newton (Engelse wiskundige, fisikus, sterrekundige, teoloog en skrywer, gebore in 1643, veral bekend vir sy wette van beweging en swaartekrag; Newton het ‘n unieke soort voorspelling oor die einde van die wêreld gemaak, gebaseer op sy eie studies – volgens hom sal die wêreld nie VÓÓR 2060 tot ‘n einde kom nie: “This I mention not to assert when the time of the end shall be, but to put a stop to the rash conjectures of fanciful men who are frequently predicting the time of the end, and by doing so bring the sacred prophesies into discredit as often as their predictions fail”; Isaac Newton was ook een van die min mense van sy eie dag wat die moed van sy oortuiging gehad het om pront-uit te verklaar dat die leer van die Drie-eenheid ‘n fabrisering van die tweede- en derde-eeuse kerkvaders was en dat dit nie die ware standpunt van die Skrif weerspieël nie.)

Ps 15:2-5 Hy wat … geregtigheid doen, en met sy hart die waarheid praat … sy vriend geen kwaad doen nie … die eer die wat Yahweh vrees … sal nie wankel in ewigheid nie.
“I believe that unarmed truth and unconditional love will have the final word in reality. This is why right, temporarily defeated, is stronger than evil triumphant.”
― Martin Luther King Jr. (Amerikaanse Baptiste predikant en Leidende figuur in die Amerikaanse Burgerregte Beweging [Civil Rights Movement] vanaf ongeveer 1950 tot 1970; Veral bekend vir sy “I have a dream” toespraak in 1963 waarin hy pleit vir die beëindiging van rassisme in Amerika; King is altesaam 29 keer gearresteer en dikwels fisies aangerand vir sy oortuigings en uiteindelik dood geskiet in 1968 [deur James Earl Ray], nadat daar 10 jaar tevore ook ‘n sluipmoord aanslag op sy lewe was; Ontvanger van talle internasionale toekennings, tydens en ná sy dood.)

Spr 4:5-6 Ontvang wysheid, ontvang insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie: verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
“Truth is so obscure in these times, and falsehood so established, that, unless we love the truth, we cannot know it.”
― Blaise Pascal (Franse Wiskundige, Fisikus, Skrywer en Teoloog; vandag, 400 jaar later, is Pascal nog bekend as die eenheid van lugdruk, die naam van ‘n rekenaar programmerings-taal, die meester-brein agter ‘n bekende meetkundige stelling oor ‘n seshoek binne ‘n sirkel of ‘n keël, die uitvinder van die eerste “mechanical calculator”, die vader van die “theory of probability”, die ontdekker van Pascal se wet oor die verspreiding van vloeistof-druk en die inspireerder tot Geloof met sy sogenaamde “Pascal’s Wager” – Laasgenoemde is die resultaat van sy nadenke oor die twee moontlikhede: “God is, or God is not … according to reason, you can defend neither of the propositions … you must wager … it is not optional … which will you choose then? … Let us weigh the gain and the loss in wagering that God is … If you gain, you gain all; if you lose, you lose nothing.”)