Wegwysers

Hierdie bladsy is gemik op Afrikaans-sprekendes en bevat ‘n reeks blokraaisels wat op die Skrif gebaseer is. Ons noem dit “Wegwysers”. Die benaming Wegwyser het hier ‘n dubbele betekenis:

(1) Dit verwys daarna dat die hele Woord van Yahweh vir ons ‘n wegwyser is en dat enige vorm van kennismaking met die tekste wat deel van hierdie Woord vorm, ‘n mens sal help om jou weg deur hierdie lewe te vind.

(2) Dit verwys ook spesifiek na “Woord en Getuienis” (afkorting: WEG) – ‘n Afrikaanse vertaling van die Skrif waarin sekere regstellings aangebring is en by ons (op hierdie bladsy) bestel kan word. Alle verse wat in die Wegwyser blokraaisels gebruik word, is uit Woord en Getuienis geneem. Elke blokraaisel “wys” dus na ‘n vers wat in “WEG” gevind kan word. Die tekste wat gebruik word, en hulle leidrade, is nie op ‘n sekere siening van die Skrif gebaseer nie, maar hou streng by die letterlike bewoording van die tekste self.

Wegwysers word in groepe van sewe in “boeke” geplaas en hierdie boeke kan (gratis) in die PDF formaat hieronder afgelaai word. Om jou te help, kan die antwoord-verse op die laaste bladsy van elke boekie nageslaan word. Ons wil voorstel dat jy die “Multiple pages per sheet” opsie op jou drukker kies en twee bladsye langs mekaar op ‘n A4 bladsy uitdruk. Hierdie is ‘n gulde geleentheid om alleen, of saam met ander, die Skrif beter te leer ken. Druk vir jou ‘n Wegwyser boekie uit en hou dit langs jou bed of op ‘n ander plek waar jy elke nou en dan jou vaardighede met hierdie Skrif-gebaseerde blokraaisels kan uittoets. Begin sommer nou en as jy baat vind daarby, of bloot net geniet om op hierdie manier met die Skrif besig te wees, kom terug en laai nuwe stelle Wegwysers af wat ons van tyd tot tyd by die lysie hieronder sal byvoeg!

Hou die volgende in gedagte wanneer jy die blokraaisels invul:

  • Woorde wat in ‘n vers herhaal word, kom slegs een keer in die blokraaisel voor.
  • Alle letters word sonder einge deeltekens, kappies of aksentstrepe geskryf.
  • As die woord “‘n” in enige vers voorkom, word dit uitgelaat in die blokraaisel.
  • Die getal in hakies ná elke leidraad toon aan die hoeveelste woord van die sin dit is.
  • As jy die blokraaisel voltooi het, rangskik jou woorde volgens die nommers in hakies.
  • Die sinnetjie regs van elke blokraaisel, is ‘n samevatting van die tema van die vers.
  • Raadpleeg die bewoording van elke vers (agter in die boekie) om te sien of jy reg is.

WEGWYSERS

Boek 1 Profete: Esegiël tot Jona
Boek 2 Profete: Miga tot Maleági
Boek 3 Briewe: Kolossense tot Filemon
Boek 4 Torah: Deuteronomium 10 tot 21
Boek 5 Profete: Jesaja 1 tot 8
Boek 6 Evangelies: Matteus 1 tot 7
Boek 7 Torah: Genesis 1 tot 7
Boek 8 Briewe: Romeine 1 tot 7

 

Comments are closed.