SHABBAT: ‘N ONVERBREEKBARE RITME

alternate textMeeste van ons weet dat daar iets spesiaals aan die Shabbat is. Dis ‘n dag van rus – spesiaal opsy gesit deur niemand minder nie as die Almagtige self. Die onderhouding van hierdie dag is die één eienskap wat Israeliete en Jode nou al vir eeue lank laat uitstaan in die gemeenskappe waar hulle woon. En deesdae is daar al hoe meer mense wat begin insien dat hierdie dag van die begin af nie eksklusief vir Jode bedoel was nie. Toe Y’shua die Messias 2000 jaar gelede met die mense van sy dag oor die Shabbat gepraat het, het Hy vir hulle gesê die Shabbat is vir die mens gemaak – nie: die Shabbat is vir die Jode gemaak, of die Shabbat is vir Sewedaagse Adventiste gemaak nie. Daar is ‘n bekende spreuk wat só lui: “more than the Jews have kept Shabbat, Shabbat has kept the Jews”. Vir my strek die invloed van die Shabbat nog verder as dit en ek wil so ver gaan om te sê: “More than mankind has kept Shabbat, Shabbat has kept mankind.” Een van Amerika se bekendste geestelikes, Henry Ward Beecher, wat vanjaar (2013) presies 200 jaar gelede gebore is, het by geleentheid die volgende te sê gehad: “A world without a Sabbath would be like a man without a smile, like summer without flowers, and like a homestead without a garden. It is the most joyous day of the week.” Die ironie is dat hy met hierdie uitspraak na die eerste dag van die week (Sondag) verwys het en nie na die Shabbat waarvan die Skrif praat nie.

Die feite is dat Yahweh in sy groot wysheid ‘n sekere ritme in die skepping ingebou het en dat hierdie ritme van sewe dae, krities belangrik is om die skepping, en alles wat deel is van die skepping, te laat verloop soos die Skepper dit beplan het. As ‘n mens ‘n sekere ritme graag wil behou, moet jy op geen stadium aan die tydsduur of die interval van hierdie ritme peuter nie. As jy dit sou doen, neem jy iets weg van die patroonmatigheid en die planmatigheid van die skepping en die gevolg hiervan is nadelig vir alles en almal wat deel van die skepping is. So belangrik as wat Y’shua se opstanding ook al was, dit was nooit die Skepper se bedoeling dat sy Seun se opstanding uit die dood die mees basiese en mees primêre ritme van die Skepping moes versteur en die Shabbat van die sewende dag na die eerste dag moes verskuif nie. Die Skrif lê deurentyd (van Genesis tot Openbaring) klem op die Shabbat – nie omdat Y’shua opgewek is nie, maar omdat Yahweh gerus het.

Die godsdienste van die wêreld wat nie hulle oortuigings op die Skrif baseer nie, het gewoonlik plekke en beelde en dinge wat hulle as afgesonder beskou. Die Skrif bring egter vir ons hierdie geweldige belangrike perspektief dat TYD ook afgesonder behoort te word. Wat heel eerste in die Skrif afgesonder word, is nie ‘n tempel of ‘n altaar of ‘n boomstam of ‘n priester nie, maar ‘n dag – die sewende dag van die week! Yahweh is ewig. Hy is die een wat was en wat is en wat sal wees. Yahweh vul en ken elke sekonde van die verlede en die hede en die toekoms. Tyd is ‘n aspek van ons wêreld wat nie in ons hande is nie, maar in Yahweh se hande. Wanneer ons ‘n sekere, vasgestelde tyd van die week afsonder, kom ons in die teenwoordigheid van die Een wat tyd in sy hande hou en wat ‘n sekere ritme – byna soos ‘n polsslag – aan ons bestaan gegee het. Deur die Shabbat te hou, kom ons, wat deel van die skepping is, op ‘n baie besondere manier in aanraking met ons Skepper en leer ons iets van SY manier van dink en SY manier van doen.

Die eenhede van tyd wat ons ken en gebruik van dag tot dag, word normaalweg deur wetenskaplike of astronomiese faktore bepaal. Ons het dae van 24 uur wat deur die beweging van die son bepaal word. Ons het maande van ongeveer dertig dae wat deur die beweging van die maan bepaal word. En ons het jare van ongeveer 12 maande wat deur ‘n kombinasie van die son en die maan en die seisoene bepaal word. Maar wat van ons weke? Nie die son of die maan of die seisoene speel daarin enige direkte rol nie. En tog volg byna elke kultuur op aarde die patroon van ‘n sewe-dag week. Die Sowjet Unie het in 1929 met ‘n vyf-dag week geëksperimenteer, in 1932 met ‘n ses-dag week en toe in 1940 weer teruggekeer na ‘n sewe-dag week. Die Grieke en die wetgewers tydens die Franse Rewolusie het geëksperimenteer met ‘n tien-dag week. Die Romeine met ‘n agt-dag week, maar uiteindelik het almal weer teruggekeer na ‘n sewe-dag week. Iemand het dit só gestel: “Ons het ‘n ingeboude biologiese horlosie wat reg aan die begin deur ‘n uiters intelligente Ontwerper in die ganse skepping geïnstalleer is en niemand, nie eens ongelowiges, kan iets daaraan verander nie.”

Selfs wetenskaplikes wat nie in die Skrif glo nie, het al male sonder tal raakgesien dat daar ‘n ritme van sewe in die heelal ingebou is. Anthony Aveni, bekende Amerikaanse professor in Astronomie en Antropologie, skryf in sy boek, Empires of Time, die volgende: “The seven-day biorhythm in the human body is one of the recent discoveries of modern chronology. It manifests itself in the form of small variations in blood pressure and heartbeat as well as response to infection and even organ transplant: for example, the probability of rejection of certain organs is now known to peak at weekly intervals following an implant … We are not unique in broadcasting this beat: even simple organisms, down to bacteria and one-celled animals, seem to share it with us. There is, for example, a seven-day rhythm in the mermaid’s wineglass, a species of algae whose configuration resembles a champagne glass with a long stem and a large flowery globe at the end. This organism can be entrained to reduce its rate of growth only when exposed to an alternating light-dark period of 7 days – no more, no less.”

Teen hierdie agtergrond kan ‘n mens net DANKIE sê as Yahweh jou oë vir die rykdom en die suiwerheid van die Shabbat oopgemaak het. Elkeen wat al iets van die helende uitwerking van die Shabbat beleef het, behoort styf vas te hou aan hierdie kosbare besitting en seker te maak dat hierdie dag nie weer (soos soveel keer in die geskiedenis) uitgeskuif of afgewater word nie. Hierdie proses begin uiteraard in ons huise. Maak seker dat almal in jou huis die ritme van die Shabbat verstaan en die riglyne nakom van die Een wat hierdie ritme ingestel het. Maak seker dat Shabbat die een dag van die week bly, waarin die tydelikheid van ons lewens met die ewigheid en die tydloosheid van Yahweh se Woord in aanraking kom en daardeur geïnspireer word. Maak seker dat die patrone van hierdie wêreld en die tipiese roetines van die res van die week, nie hierdie dag bederf wat bedoel is om vir Yahweh afgesonder te word nie.

Abraham Joshua Heschel was ‘n Joodse Rabbi wat ‘n uitstekende boek oor die Shabbat geskryf het. In hierdie boek “The Sabbath” sê hy onder meer die volgende: “In our daily lives we attend primarily to that which the senses are spelling out for us: to what the eyes perceive, to what the fingers touch. Reality to us is thinghood, consisting of substances that occupy space … the result of our thinginess is our blindness to all reality that fails to identify itself as a thing, as a matter of fact. … Six days a week we wrestle with the world, wringing profit from the earth; on the Sabbath we especially care for the seed of eternity planted in the soul. The world has our hands, but our soul belongs to Someone Else. The Sabbath is a day for the sake of life … to mend our tattered lives … to abandon our idle pursuits and reclaim our authentic state … to partake of a blessedness of knowing we are what we are, regardless of whether we are learned or not, of whether our career is a success or a failure …(and to partake in the blessedness of touching) eternity and the world to come. Dit is nie die moeite werd om hierdie “blessedness”, hierdie uitnemende voorreg, in gevaar te stel nie. Net soos dit nie die moeite werd is om die Een wat ons gemaak het en sy volmaakte ritme in ons ingebou het, te onderdruk met ons eie besige lewens en ons eie vreemde idees en ons eie selfsugtige geaardheid nie. Kom ons ontvang hierdie wonderlike gawe opnuut met ope arms en laat die Gees van Yahweh toe om ons lewens weer in pas te bring met die ritme waarna ons hele wese so smag!

No tags for this post.

One Response to SHABBAT: ‘N ONVERBREEKBARE RITME

  1. Csilla-joe de Klerk says:

    We are a young married couple that observe the Sabbath. We live in Paarl and would love to visit soon!

Have something to say?

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

:nice: :wink: :up: :glad: :ooo: :oops: :lol: more »