SHABBAT: ‘N DAG VAN HERSTEL

alternate textEen van die hoofstukke in die Torah wat die duidelikste en volledigste oor die Shabbat handel, is Shemot (Exodus) 31.  Twee keer word die Shabbat in hierdie hoofstuk as ‘n TEKEN voorgestel.  ‘n Teken waarvan?  Vier dinge word in Shemot 31 uitgesonder: (1) ‘n teken dat die Een aan wie Israel behoort, Yahweh is – 31:13; (2) ‘n teken dat hulle vir Hom afgesonder is – 31:13; (3) ‘n teken dat Yahweh die hemel en aarde in ses dae gemaak het – 31:17 en (4) ‘n teken dat die Skepper op die sewende dag gerus het – 31:17.  Daar is veral twee uitsprake in Shemot 31 waaraan kommentare en Skrifgeleerdes oor die eeue heen besondere aandag gegee het en wat volgens hulle méér te kenne gee as wat mens met die eerste oogopslag sou dink.

Die eerste is die woorde “op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik” (31:17). Die woorde “en Hom verkwik” is ‘n vertaling van “wayinnafash” wat op sy beurt afgelei is van “nefesh” wat “siel” beteken. Mens sou hierdie laaste deel van vers 17 dus ook só kon vertaal: “op die sewende dag het Hy gerus en (aan die week) ‘n siel gegee.” Dit is presies wat die Shabbat bedoel is om te wees, volgens die verstaan van baie kenners wat al ‘n studie van die Shabbat gemaak het: Dit was bedoel om as die siel van die skepping, sin en betekenis aan die ander dae van die week te gee. Die Shabbat was van die begin af bedoel om vir ons ‘n aanvoeling en ‘n voorsmakie en ‘n verbintenis met die lewe na die dood te kom gee.

Daar is ‘n ou Joodse legende wat hierdie waarheid baie treffend illustreer:

Op die stadium toe die Almagtige die Torah vir Israel gegee het, het Hy vir hulle gesê: “My kinders, as julle die Torah aanvaar en my insettinge hou, sal Ek aan julle vir ewig iets gee wat die mees kosbare besitting is waaroor Ek beskik.” Hierop het Israel geantwoord: “Wat is hierdie kosbare besitting wat U aan ons sal gee as ons u Torah onderhou?” Die Almagtige se antwoord was: “Die toekomstige wêreld.” “Wys ons in hierdie wêreld iets van die toekomstige wêreld” het Israel gesê, waarop die Almagtige geantwoord het: “Ek het dit reeds vir julle gewys. Die Shabbat is die beste voorbeeld wat daar is van die wêreld wat nog kom.”

‘n Mens dink hier aan die woorde van Tehielliem (Psalm) 34:8 “Smaak en sien dat Yahweh goed is; geseënd is die man wat by Hom skuil!” As daar een dag van die week is waar ons hierdie smaak in ons monde kan kry en ‘n ware voorsmakie van die ewigheid kan geniet, is dit die Shabbat. By ‘n vorige geleentheid het ons verwys na die bekende boek oor die Shabbat wat geskryf is deur Abraham Joshua Heschel. In hierdie boek skryf Heschel onder meer: “Unless one learns how to relish the taste of Sabbath while still in this world, unless one is initiated in the appreciation of eternal life, one will be unable to enjoy the taste of eternity in the world to come. Sad is the lot of him who arrives inexperienced and when led to heaven has no capacity to perceive the beauty of the Sabbath …” Kom ons kyk vervolgens na enkele uittreksels uit die boek van Heschel en vergelyk dit met wat die Skrif vir ons leer – nie net wanneer daar spesifiek oor die Shabbat gepraat word nie, maar ook oor dit wat die Skrif sê, prioriteit in die oë van ons Skepper is.

Heschel: “In the tempestuous ocean of time and toil there are islands of stillness where man may enter a harbor and reclaim his dignity. The island is the seventh day, the Sabbath, a day of detachment from things, instruments and practical affairs … All week we may ponder and worry whether we are rich or poor, whether we succeed or fail in our occupations; whether we accomplish or fall short of reaching our goals. But who could feel distressed when gazing at spectral glimpses of eternity, except to feel startled at the vanity of being so distressed?” Hierdie aanhaling beklemtoon die belangrikheid van stil word – iets wat dikwels in die Skrif beklemtoon word, al is dit nie altyd in die konteks van die Shabbat nie. Die Shabbat is juis die één dag waarin ‘n mens kan stil word en herstel kan beleef: Herstel van alles wat jou deur die res van die week vermoei het en uitgemergel het.

Ps 37:7 Bly stil voor Yahweh en verwag Hom …
Ps 62:1 My siel is stil tot Elohiem; van Hom is my verlossing …
Jes 30:15 In stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie …

Heschel: “The words: ‘On the seventh day Elohim finished His work’ (Genesis 2:2), seem to be a puzzle. We would surely expect the Bible to tell us that on the sixth day Elohim finished His work. Obviously, the ancient rabbis concluded, there was an act of creation on the seventh day. Just as heaven and earth were created in six days, menucha was created on the Sabbath. After the six days of creation-what did the universe still lack? Menucha. Came the Sabbath, came menucha, and the universe was complete. Menucha which we usually render with ‘rest’ means here much more than withdrawal from labor and exertion, more than freedom from toil, strain or activity of any kind. Menucha is not a negative concept but some thing real and intrinsically positive. What was created on the seventh day? Tranquility, serenity, peace and repose. To the biblical mind menucha is the same as happiness and stillness, peace and harmony. It is the state wherein man lies still, wherein the wicked cease from troubling and the weary are at rest. It is the state in which there is no strife and no fighting, no fear and no distrust. The essence of good life is menucha.”

Ps 23:2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus (menuchah) is, lei Hy my heen …
Jes 11:10 En in daardie dag sal die nasies vra na die wortel van Yieshai, wat daar staan as ‘n banier van die volke, en sy rusplek (menuchah) sal voortreflik wees …
Jes 28:12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus (menuchah), gee rus (noach) aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie …

Ons het aan die begin gesê dat daar veral twee uitsprake in Shemot 31 is wat skrifgeleerdes se belangstelling nog altyd geprikkel het. Ons het reeds na die eerste gekyk (die woord “verkwik” in vers 17 wat met “siel” verband hou). Wat is die tweede? Die tweede uitspraak is vers 18 wat direk volg op die uitspraak dat Yahweh op die sewende dag gerus het en Hom verkwik het: “En Hy het aan Mosheh, toe Hy geëindig het om met hom te praat op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee …” Die woorde “toe Hy geëindig het” sou ook as volg vertaal kon word “as sy bruid” en kan daarop sinspeel dat die gebod van die Shabbat waaroor dit eintlik in hierdie deel van die hoofstuk gaan, vir die volk as bruid gegee is wat hy vir altyd moes eer en moes liefhê.

Heschel: “The Sabbath is like a bride. Just as a bride when she comes to her groom is lovely, bedecked and perfumed, so the Sabbath comes to Israel lovely and perfumed … just as a groom is dressed in his finest garments, so is a man on the Sabbath day dressed in his finest garments; just as a man rejoices all the days of the wedding feast, so does man rejoice on the Sabbath; just as the groom does no work on his wedding day, so does a man abstain from work on the Sabbath day … Things are our tools; eternity, the Sabbath, is our companion. Israel is engaged to eternity. Even if they dedicate six days of the week to worldly pursuits, their soul is claimed by the seventh day.” Laat ons ons nie blindstaar daarteen dat die Shabbat aanvanklik vir Israel gegee is nie. Alles wat ons vandag uit die hand van Yahweh ontvang en geniet is aanvanklik net aan Israel bekend gemaak. Die vraag is ken ons hierdie innige verbintenis met die dag wat in Yahweh se oë só spesiaal is? Bly ons getrou aan ons verbintenis om hierdie dag soos ‘n bruid te eer en lief te hê. Is ons bereid om hierdie dag bó ons eie belange te stel en kan ander mense aan ons houding teenoor die Shabbat dit raaksien dat ons oë op die ewigheid gefokus is, ja, dat ons ons harte op die Shabbat, en dus ook die ewigheid verloor het!

No tags for this post.

Have something to say?

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

:nice: :wink: :up: :glad: :ooo: :oops: :lol: more »